ʼn Man is Dinsdagmiddag in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na die naaste hospitaal gevlieg nadat hy verskeie kere in sy motor in ʼn Durbanse voorstad in KwaZulu-Natal geskiet is.
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is nooddienste omstreeks 14:08 na die toneel in Oaklaan in Motalabad in Kloof ontbied waar ʼn 44-jarige man verskeie kere geskiet is terwyl hy in sy motor gesit het.
Gemeenskapslede het die skote hoor klap waarna die nooddienste in kennis gestel is.
Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
“Die Pinetown-polisie het ʼn klagte van ʼn skietvoorval in Kloof ontvang. By hul aankoms op die toneel het hulle ʼn wit Kia Picanto aangetref wat deur die slagoffer bestuur is.”
Volgens Zwane het ʼn voorlopige polisieondersoek getoon dat die slagoffer glo op pad huis toe was toe hy deur twee onbekende mans oorval en geskiet is.
Die mans het na afloop van die skietery in ʼn wit motor op die vlug geslaan, het Zwane gesê.
Volgens Herbst was die man in ʼn kritieke toestand en moes hy daarom per helikopter na die naaste hospitaal gevlieg word.
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Die motief vir die skietery is nie bekend nie.
Ondersoek n saak van poging tot moord? Dan was die slagoffer seker nie wit nie. Want as hy wit was sou hulle seker n klag van poging tot voertuig roof ondersoek het.
Lag ek nou te lekker vir jou comment.
Kriminele in die land word NOOIT gevang nie.
Mafia-Suid-Afrika.
Dis moord hy gaan nie weer kar ry nie.Los nou die onskujldiges wat dit gedoen Wees nice vergewe hulle.Die voorbeeld is duidelik anything goes.South A slogan