Man vertel hof hoe hy 5-jarige verkrag, vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Dinsdag in die hooggeregshof in Kimberley in die Noord-Kaap tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, verkragting en moord op ʼn vyfjarige meisie.

Mashadu Malabi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Ivan Mathibe (30) het erken dat hy die kleuter, Florence Dipuo Barend, verkrag het voordat hy haar doodgemaak het.

Die hof het gehoor hoe Mathibe, wat ʼn familievriend was, saam met Florence se pa by hul huis bier gedrink het. Mathibe het bevestig hy het Florence geken. Hy het aan die hof vertel dat hy die kleuter eers gesodomiseer het en haar daarna wou huis toe neem, maar toe besef het hy sal in die moeilikheid wees as sy haar pa vertel. Hy het haar kop toe met ʼn klip ingeslaan.

Florence se naakte liggaam is op 30 November 2013 naby die Witdam-polisiestasie deur lede van die gemeenskap gevind. ʼn Dokter het getuig sy het ernstige anale beserings en ʼn skedelbreuk opgedoen.

Adv. Joyleen Mabaso het die hof gevra om Mathibe tot lewenslange tronkstraf te vonnis. “Florence het die beskuldigde vertrou en dit is hoekom sy saam met hom gegaan het. Wat hy gedoen het, was onmenslik en wreed; sy het nog haar hele lewe voor haar gehad,” het sy gesê.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit is die laagste wat enige menslike wese kan daal om ‘n kind dood te maak seksuele plesier. Die persoon verdien om gestenig te word. Onlangs was daar ‘n foto in sirkulasie van ‘n man (in SA) wat gemeenskap het met ‘n VW Polo se uitlaatpyp. Siek, siek mense!

Pierre Celliers ·

Solank as wat die regering hierdie misdade as die “norm” beskou bly die doodstraf
‘n “Pie in the sky”!!

Nina ·

Walglike verskoning vir ‘n mens! Ek wil kots oor die dinge wat aan onskuldige kinders gedoen word. Wat ‘n siek, siek wêreld.

neelsie ·

Bose gees in beheer van sulke mense.
Drank en dwelms beheer hul lewens.
Geen selfbeheersing nie.
Om n kind so te laat ly…….jou dag sal kom!!

Pietie ·

Ek kan dit nie eintlik glo dat daar iemand is wat so baie van Volkswqgen hou nie.

tonetrapper ·

skerp Pietie skerp… mens moet ma humor sit in vandag se siek lewe….Maroela ek wens net julle het soos met ander berigte mens gewaarsku oor die content soos wat julle gewoonlik doen met sulke tipe berigte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.