Man vertel van nagmerrie tydens hengeluitstappie

Fred Barnard. Foto: Facebook

Fred Barnard. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat twee paartjies die afgelope naweek wreed met pikstele aangerand is toe hulle by Rand Water se terrein visgevang het nie. ʼn 52-jarige man het later aan sy beserings beswyk.

Fred Barnard (52), sy vriendin, Anna en André (54) en Barbara (47) Fourie, het Saterdag by die kampeerterrein gaan uitspan en visgevang. André het aan Maroela Media vertel hulle het die aand ʼn vuur aangesteek en om die vuur gesit en kuier toe drie rowers met klapmusse op hulle oorrompel het.

“Ons het nog so gesit, toe voel ek net die hou teen my kop,” het hy gesê. “Ek het van my stoel afgeval en probeer regop kom, toe slaan hulle my weer. Een van hulle het my ook met ʼn mes in my keel gesteek.” Volgens André het hy vir ʼn oomblik sy bewussyn verloor en toe hy weer bykom, gesien Barbara sit in die motor en Fred lê halfpad onder die ander motor.

Die aanvallers het toe reeds met die groep se selfone en kontant gevlug. Hulle het ook glo probeer om een van die motors te steel, maar kon nie daarin slaag nie.

“Fred was vol bloed,” het André vertel. “Ek het net vir myself gesê ek kan nie nou flou word nie, want ek moet vir Fred by ʼn hospitaal kry. Ek het die hele tyd gevoel hoe die bloed uit my keel stroom, maar ek moes net wakker bly.” Volgens André het Anna net ligte beserings opgedoen en kon sy hom help om Fred in die motor te tel, voordat sy met hulle na die Fezi Ngubentombi-hospitaal in Sasolburg gejaag het.

André en Barbara, wat in Krugersdorp woon, is die volgende dag na ʼn privaathospitaal in Vereeniging oorgeplaas en Barbara kort daarna na ʼn hospitaal in Alberton, waar sy tans in die waakeenheid behandel word.

Annatjie Barnard, Fred se eks-vrou, het aan Maroela Media gesê Fred het skedelbreuk en ernstige bloeding op sy brein opgedoen en het nooit weer wakker geword nie. Hy is omstreeks 22:45 Maandagaand in die hospitaal oorlede.

“Ek en my dogter (18) was net ure voor hy dood is by hom om hom te groet. My dogter het by hom gesit, vir hom gebid en vir hom ʼn liedjie gesing. Sy het vir hom gesê om net weer sy mooi blou oë oop te maak, al is dit in die hemel,” het Annatjie gesê.

Volgens Annatjie sukkel die egpaar se 21-jarige seun om sy pa se dood te verwerk. “Ek dink die ergste is die wreedheid van die aanval, dat iemand op so manier weggeruk word… Dit is asof ek in ʼn waas beweeg. Ek kan dit nie glo nie.”

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê geen nuwe inligting oor die ondersoek is sover beskikbaar nie.

ʼn Gedenkdiens word Saterdag vir Barnard gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

KarooKlong ·

Simpatie met die familie en vriende.
Ons sluk deesdae bitter pille.

Speedguard ·

Dit is absoluut ‘n gebroke wereld daar buite, sterkte!

Cryosphear ·

Daai terrein het al telkemale lewens geëis en amper lewens geëis. En die Spidervalley pad wat daar verbyloop. Op die oomblik is dit die gevaarlikste plek hier rond.

Vanderbijler

Leticia ·

Ek stem saam, daagliks word mense gewaarsku om daai pad en gebied te vermy. RIV, my innige simpatie vir die wat agter bly

Margi Johnson ·

Dis verskriklik!! Al my simpatie aan die familie! VRYHEID??? Kan nie eers gaan visvang of piekniek hou nie! Dis n totale gemors!!

Ilse ·

Al my simpatie aan die familie! Mens is net nerens meer veilig nie agv. die geweld. Mens kan nie eers meer by jou huis braai nie dan word jy aangeval. Dis nie meer lekker in die land nie.

Petrus Oppiwater ·

‘n Mens moet maar te alle tye paraat wees, al ontspan jy net by ‘n openbare fasiliteit soos hierdie. Miskien moet mens ook in groter groepe uitgaan-sterkte aan die slagoffers en hul naasbestaandes-mag die booswigte gevang en behoorlik gestraf word!

Linda ·

Sterkte ek het my Pa n maand terug verloor.Dit is nie maklik nie en dit raak nie beter nie.Ek bid dat God julle ook sal deur dra deur die donker tyd van hartseer.Xxx

Donovan ·

Misdaad teen die revier is onbeheer baar op die oomblik…. Daar is nie meer plek waar jy kan rustig gaan visvang nie, jy moet die heeltyd op jou hoede wees en gewoonlik vat jy maar jou hond saam wat jou vooraf kan waarsku…

Theresa ·

Innige simpatie aan die gesin, familie en vriende. Daar is verseker ‘n oorlog aan die gang tussen misdadigers en normal denkende mense. Kampterreine gaan baie skade ly a g v hierdie tipe mense wat daar kan inkom. Waar het die boosdoeners ingekom?? Ek hoop hul word baie vining gevang en tereggestel.

Jean ·

Die slagoffers doen niks verkeerd nie, mens is so geneig om eerste te vra WAT het die persoon verkeerd gedoen? Hy het met vriende gaan visvang . hulle was VIER, hoeveel moet hulle nou wees? Daar word groepe mense in hulle huise aangeval wat braai wat meer as 10 is, so dit is geen oplossing om meer mense te wees nie, die aanvallers is ook dan net meer en die geweld meer. My grootste kritiek teen ons huidige regering is hulle onvermoë om misdaad te bekamp. Te veel lewens word verloor, te veel onskuldige mense word aangeval, verkrag en vermoor, met geen woord van regeringskant af nie. Niks regverdig dit nie. Die oortreders is vir niks en niemand bang nie, hulle stap more weer op straat, vry soos voëls om weer misdaad te pleeg.

Rina Pretorius ·

Al kommentaar wat ek het is dat al hierdie aanvalle en moorde georganiseerde midade is, die plan is om van al ons blankes ontslae te raak en gou ook. Hier sit meer agter as wat ons dink

Jacobus ·

Maar dra jou wettige vuurwapen rond en kyk hoe behandel mense jou, asof jy die krimeneel is.

Sus ·

Ag liewe hemel! Hou tog op om dit n kleur issue te maak! Dis n klap in die gesig van daai arme mense wat nou die dag by die lake in johannesburg vermoor is. Kom by!

Abel ·

Dit is so verskriklike ding – mens sukkel vir jare daarna om dit te verwerk. Baie sterkte aan julle almal en vertroosting vir Fred se kinders en gesin.

Gert ·

Sterkte aan die gesin en vriende ! ‘n Mens raak net woedend en die geduld is op ! Hoe lank gaan dit nog aan gaan ?? En hoekom kom hulle elke keer weg met dit ??? Jy gaan slaap met die vrees en staan op met die vrees, wanneer is dit my en my gesin se beurt …

Lance ·

Sal ook niemand vang nie ….die polisie weet van die probleme daar maar is te damn sleg om eers n lokval te stel ….PATETIES !

Marius Liebenberg ·

Bring die doodstraf terug. Dit bring sommer die syfer vir werkloosheid af want hierdie ouens stel nie belang in werk nie maar jaag net die syfer op. Waar is die ou dae.

Alida ·

Probeer jy die ANC oortuig om die doodstraf terug te bring. Nooit want dan is daar minder om vir hulle te stem.

Louise E. ·

Ek kon nog nooit verstaan hoekom jy ‘n lewe moet neem om iemand se besittings te steel?

Familie van ons jare terug wreed vermoor. Dis iets wat my niggie-hul nou nog nie kan ver werk, die absolute wreedheid.

Sterkte aan die mense, mag jul besonderse ondersteuning en troops vind.

M'Lady ·

Besef ons lewe nie in n normale land met normale mense nie.

Sputnik ·

M’Lady, ek kan ongelukkig nie van jou verskil nie. Dit is nogal baie tragies wat besig is om te gebeur.

Cherokee ·

Dit is ‘n verskrilklike land! Hulle sit in vrede en ontspan by ‘n rivier langs ‘n kampvuur en word deur pikstele aangeval. Wat ‘n plek on in te woon.

Popeye ·

Skerp swaer….ek was verbaas om te lees die “castiron” was nie ook geroof nie……tragiese voorval hierdie!

max ·

RIV… jammer aan die familie. Maak my siek dat n ou met beams en n 9mm moed gaan visvang… maar hulle maak lekker baber aas.

Lance ·

In die nuwe SA is jy nie eers veilig in jou eie huis nie …wat van op straat of langs n dam … tragies …dinge is vervalle en totaal uit beheer uit .

Jacobus ·

Dis besonders hartseer om deur hierdie kommentaar te lees. Ek bly in die buiteland… 15 jaar gelede saam my vrou en twee rugsakke weg op ‘n avontuur en ons is nogsteeds hier. Op ‘n stadium ons so gebrand om terug te trek maar die gevoel het al heelwat bedaar. Ons steeds so boer as wat ons was toe ons weg is, ambasadeurs vir die land en spaar geld om te kom kuier so gereeld as moontlik. Maar ai, ons familie en heelwat vriende deur geweld geraak en dit raak deel van jul lewens. Om paraat te wees is normaal. Wel, ongelukkig is dit nie normaal nie en dit hoort nie so nie. Korrupsie, bedrog, geweld is nie normaal nie. Die duiwel loop soos ‘n brullende leeu. Hou goeie moed en bly glo en vertrou op God maar neem steeds verantwoordelikheid om julself te bewaar. Toe hulle vir Moeder Theresa vra maar hoe sal sy die wereld verander was haar antwoord een gesin op ‘n slag. Hou julle eie paai skoon en opreg en moenie ‘n aks plek gee vir die bose om jou af te trek tot op hulle vlak.
Ek reis heelwat vir my werk en sien wonderlike plekke, maar RSA is sekerlik die pragtigste land met mees wonderlike mense. Pas julle mooi op!

Cherokee ·

Jacobus, ‘ongelukkig is dit nie normaal nie…’ sê jy!
Watwou… gelukkig is dit nie normaal nie (alhoewel dit besig is om te normaliseer in Suid Afrika).

Popeye ·

Hierdie is ‘n baie seer ding wat gebeur het. Medelye aan Fred se seun en familie. Anna, Andre en Barbara wees sterk en voorspoed vir julle. Ons leef in ongelooflike barbaarse tye. Goed sal altyd oorwin!

Anti regering ·

Wees paraat en pas aan as jy gaan visvang gaan in groter groepe gewapen tot die tande toe en gaan huistoe voor die duiwel se dissipels ontwaak met sonsondergang.

Joey ·

Dit is die tipe insidente wat my laat wonder – wat help dit ons woon in ‘n pragtige land soos Suid Afrika maar ons moet soos prisoniere in die gevangenis leef – ons het geen vryheid meer nie . Ons kan nie meer ons land se natuur geniet nie. Ons kinders word in gevangenisskap groot . Hoe hartseer is dit nie ? Ons is groot natuur liefhebbers, vang ook graag vis, hou vakansie in karavane,- gaan kamp in ongerepte omgewings …. maar ek besef nou dit sal ook moet verlede tyd raak. Ons is nerens veilig nie.

Rina Vermeulen ·

Nog ñ voorval en hoeveel wat kom ek het nie woorde nie.Wat gemaak om dit te voorkom ek weet nie!Die aan bewind doen nie genoeg om dit te keer nie.As dit hulle mense was met wat dit gebeur het sou dit moontlik hoofnuus gewees het en daar sou vinnige optrede gewees het.Kyk hoe vinnig is met die hare kwessie op getreë .Jammer is al wat gesê word mag hierdie uitvaagsels nie ongestraf gelaat word nie.Mag God se genade met die slagoffers wees.

R ·

Ek kan nie wag vir die dag wat ons gaan opstaan teen hierdie skurke nie!! Hulle gaan aan die agterste speen suig… Dis n waarborg!
Sterkte aan die Familie!

Karen van Zyl ·

Alle sterkte aan die familie. Dit is ongelooflik tragies en my gebede is met julle.

Ina ·

Ons bly op ‘n plot in die Noord-Kaap en ek en my man moes gaan stem het in ‘n swart nedersetting, maar die verskriklike haat vir witmense en die ANC wat Noord-Kaap regeer soos onchristelike diktators, het ons weerhou om te gaan stem. Ek hoop die regering weet dat hulle deur hierdie situasies wat hulle skep tydens verkiesings, ons blankes weerhou het om te stem vir ons party wat beslis nie ANC was nie. Ek weet nie of my post geplaas gaan word nie, maar Noord-Kaap is ‘n ANC mekka waar die ongeskoolde inwoners gewys word waar om hulle kruisie te trek…..uit my eie bediende se mond gehoor. My hart so seer vir Fred se kinders, sy meisie en almal wat hom liefgehad het. Na so ‘n berig is ek hartseer en moedeloos en wil haat my hele lewe oorheers. Ek is so bang want ek weet nie wat volgende gaan gebeur nie. Ons praat en huil en raak woedend maar kan niks doen nie, en net die volgende berig is nog iemand doodgemaak. Sterkte ou Suid-Afrika, nie meer lank nie dan is ons Zimbabwe 2.

Tony Bredenhand ·

Dit wat hier gebeurin Suid Afrika gebeur ongelukkig oral in die wereld. Dis maar die uitvloeisel van die mensdom se morele verval. Ons enigste redding is nog steeds om terug te keer na YHVH, die Skepper van die heelal. Hy is al wat ons kan beskerm.
Mens moet ook baie versigtig wees om te veralgemeen oor kleur. Baie swart en bruin mense word net so erg as blankes geterroriseer en vermoor deur n klein persentasie wat regeer deur vrees te saai.
Dis tyd dat alle Suid Afrikaners saam opstaan en begin om deur burgerlike verset die regering te dwing om te begin optree teen misdaad en om weer die doodstraf in te stel.

Nita ·

Ons misdaadsyfers en die tipe geweld wat hier aangaan, is beslis nie dieselfde as oral in die wereld nie. Die mense hier is wreedaardig en boosaardig, op n tamaai groter skaal as elders in die wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.