Man vertel van trauma ná plaasaanval

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Gesin van die Paarl is te bang om terug te keer na die plaas waar hulle woon nadat hulle die jongste slagoffers was van ʼn reeks plaasaanvalle in die gebied.

Elisa Nel (47), die bestuurder van ʼn plaas in Agter-Paarl, het Maroela Media vertel van die traumatiese ervaring toe die gesin verlede Donderdag omstreeks 01:50 wakker geskrik het met vier aanvallers wat oor hulle staan.

“Ek, my vrou en ons dogter (15) het almal op die banke voor die televisie aan die slaap geraak. Alles was gesluit, maar die alarm was nog nie aan nie omdat ek 02:00 moes ry om boorgatpompe op die plaas te gaan afsit,” het hy gesê. “Toe ek my oë oopmaak, het vier mans met messe en pangas voor my gestaan.”

Die mans het die Nel-gesin glo rondgeruk en Elisa ʼn paar keer met die vuis in sy gesig geslaan. Hulle het geld en vuurwapens geëis en het Elisa gedwing om die kluis in die huis oop te sluit. In een stadium het die aanvallers glo aan Elisa se dogter gevra hoe oud sy is. “Ek dink sy het nog gesê sy is 13 jaar oud en toe sê hulle vir mekaar, ‘No, she’s too young’,” het Elisa gesê.

Die aanvallers het die gesin aan mekaar vasgebind en in ʼn slaapkamer toegesluit voordat hulle met vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan het. Elisa kon later daarin slaag om homself los te wikkel en op die tweerigting-radio om hulp te roep.

Hy het gesê lede van die plaaslike buurtwag en die polisie was vinnig op die toneel. Hulle het die aanvallers glo agternagesit, maar kon hulle nie vastrek nie.

Volgens Elisa woon die gesin al ses jaar op die plaas en is dit die eerste keer dat so iets daar gebeur. “Ons is baie gelukkig dat ons ongedeerd daarvan afgekom het. Daar was al so baie aanvalle die afgelope paar maande in hierdie area en baie van die mense is erg met pangas en messe aangerand,” het hy gesê.

“Maar dit is maar baie traumaties vir ons almal. My dogter kry berading sedert die aanval, maar sy weier om huis toe te kom. Sy is net te bang. Ons woon nou tydelik by vriende op die dorp terwyl die veiligheid by die huis eers opgeskerp word.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

J ·

Gaan die valke ook hier betrokke raak? Of is hulle te besig in Parys om die boere te ondersoek na die dood van die 2 plaasaanvallers

Berhalet Beukes ·

Jip… Dis mos nie ‘n blanke wat doodgemaak is nie!

Jan maak n Plan ·

Nee geen van die aanvallers is dood nie dus sal daar nie in sweet uitgebars word nie. Dit sal dus weer die dood gewone trant as, daar iets uitgevind word dan is daar iets, so nie is daar niks.

Karma ·

Ougert, jy kan maar honde aanhou soveel jy kan – die kwaaiste, aggressiefste hond gaan sleg tweede kom! Die nuwe ding is om honde slaap- of malaria pille te voer: dit maak die hond heel deurmekaar. Of hulle gebruik “maze” en spuit die honde.

My broer-hulle bly ook in daardie omgewing: aldus hulle is daar ‘n “crime-bende” aan die opereer in die Windmeul/Agter-Paarl gebied. Die vuillis is te lui om te werk, al wat hulle doen is SASSA-geld trek en verder breek hulle in en steel.

Willie ·

Maroela is blykbaar n beskermer van die regering .moet tog nie sê wat jy dink nie.
Viva Maroela en ANC ..doen so voort.

Berhalet Beukes ·

Ek begin self so dink. My kommentaar is verwyder en ek wil weet presies hoekom?

Berhalet Beukes ·

Maroela Media, ek het groot geword in die Paarl en as ek sê waar word hierdie aanvallers vandaan aangery word, waarom verwyder julle my kommentaar? Presies hoe oortree ek die bepalings en voorwaardes?

Danie Kok ·

Berhalet,

Jy verwag hopeloos te veel van Maroela Media. Hulle voorwaardes en bepalings gun jou vryheid van spraak – solank jy net nie die waarheid praat nie…

Berhalet Beukes ·

Nee wat… Dan sal ek dit maar op sosiale media versprei…

DPJ ·

Waar is die menseregtekomisie. Kan hulle nie die boer eenkla van rassisme nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.