Man vier keer op plaas geskiet

Die helikopter wat Maandagaand noodgedwonge ontbied is. (Foto: Netcare 911)

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal opgeneem nadat hy Maandagaand vier keer op ʼn plaas buite Marble Hall in Limpopo geskiet is.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die man, vermoedelik 70 jaar oud, deur drie aanvallers oorval waarna hy in die bors, arm, bobeen en kuit geskiet is. Die man is met ʼn ambulans na Groblersdal gehaas en van daar af per helikopter na Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer vir dringende mediese behandeling.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste is omstreeks 21:20 na die plaas ontbied. Paramedici het die man ondersoek en besluit dat ʼn helikopter weens die erns van sy beserings ontbied moes word.

Volgens Cameron het die aanvallers te voet laat spaander. Hulle is vermoedelik by die teerpad naby die plaas opgelaai waarna hulle op die vlug geslaan het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Liberale af ·

Die liberale wereld moet omkeer, hulle wil ons vernietig.

Oujongvrou ·

Hierdie aanvalle word beplan, daarom dat daar vervoer by die pad wag.

willem Botha ·

MM gee asb statistieke van hoeveel onskuldige boere al vermoor is of aangeval is en in watter provinsie ,ons lees elke dag van die aanvalle maar nie hoeveelste een vir die jaar nie.

Ekwilibrium ·

Ja, soos die familie in Lenasia gister. Twee waardelose parasiete doodgeskiet!

Dirk Jonker ·

Wanneer sal genoeg wragtig genoeg wees – Aanvallers spaander te voet – lafaards. Ons kyk toe, hoor, vloek en wag dan maar om te hoor/sien wie is volgende – ek ,jy, ons…..!

Dirk Jonker ·

Ons kyk toe, hoor, vloek en wag dan maar om te hoor/sien wie is volgende – ek ,jy, ons…..!

fred ·

die regering vol korrupte amptenare,die polisie vol van kriminele,die staat entities bankrot,bandiete wat roof en moord ,die land is in volle anargie,en die Ramaphosa gee 2 treinstelle aan n korrupte Prasa as deel van sy verkiesing foefie…kan die man rèrig nie beter?

Willie ·

Barbaristiese gemors! En die vloekke het al die regte in SA…

Nettie ·

Ek sê mos – eers wanneer stemreg gebaseer word op persoonlike inkomste belasting-nommers, en nie ID nommers nie, sal die regte ding gebeur. Want die meeste ANC-stemmers betaal nie persoonlike inkomste belasting nie en aangesien die persoonlike inkomste belasting betalers stem, sal dit die mense wat die land onderhou, wees wat stem.

George in Bloem ·

En steeds leef “ons” kamtige “president” voort in totale leuenagtige ontkenning en die westerse wereld wat wou he die ANC sirkus moet aan bewind kom,kyk anderpad.Mens vra jouself af hoe lank nog kan hierdie sinnelose wrede chaos voortgaan?

Stella ·

Alweer vier peste vir een witman wat onverhoeds oorval is, hulle is maar lafaards,die wetters. Ek het n wens wat Ek maar liefs vir myself sal hou, maar Ek dink nie ek is die enigste een nie

Alida ·

Wat op hierdie aarde is die doel om net ‘n ou man te gaan doodskiet en te vlug !!!!! Genade hoop die gemors word gevang. Sterkte omie.

Olly ·

Hoe lafhartig moet jy wees om 3 te wees en toe te slaan op 1 ou mens, dan so bang te wees dat jy nie eers kan mik nie. Dan hardloop jy weg en nog maatjies tel jou op. Siek in die kop!

jean ·

Amen op ieder en elke kommentaar hierbo….niemand het meer genoeg woorde om die wrewel in ons harte te uiter nie.

Willem ·

Staat voer die terreurdade uit dmv Zim spesmagte. Maar nee hier is mos klomp dom wit liberaliste wat dink dit hoort so.

Werner ·

Moenie bekommerd wees nie ons gaan stem die8ste Mei dan sal alles sommer vanself regkom maak nie saak vir wie jy stem nie solank jy net teen die ANC stem wat n grap het hierdie land nie geword nie siek verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.