ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal opgeneem nadat hy Maandagaand vier keer op ʼn plaas buite Marble Hall in Limpopo geskiet is.
Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die man, vermoedelik 70 jaar oud, deur drie aanvallers oorval waarna hy in die bors, arm, bobeen en kuit geskiet is. Die man is met ʼn ambulans na Groblersdal gehaas en van daar af per helikopter na Milpark-hospitaal in Johannesburg vervoer vir dringende mediese behandeling.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste is omstreeks 21:20 na die plaas ontbied. Paramedici het die man ondersoek en besluit dat ʼn helikopter weens die erns van sy beserings ontbied moes word.
Volgens Cameron het die aanvallers te voet laat spaander. Hulle is vermoedelik by die teerpad naby die plaas opgelaai waarna hulle op die vlug geslaan het.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
en niemand gaan in hegtenis geneem word nie.
Stetkte meneer. Silent genocide.
Hierdie aanvalle word beplan, daarom dat daar vervoer by die pad wag.
MM gee asb statistieke van hoeveel onskuldige boere al vermoor is of aangeval is en in watter provinsie ,ons lees elke dag van die aanvalle maar nie hoeveelste een vir die jaar nie.
Ja, soos die familie in Lenasia gister. Twee waardelose parasiete doodgeskiet!