Man vind dogter (15) se lyk in motorhuis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa van Edendale buite Pietermaritzburg het Saterdagmiddag op sy 15-jarige dogter se liggaam in die gesin se motorhuis afgekom.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:30 na die huis ontbied. Familielede het hulle buite die huis ingewag en na die motorhuis geneem waar die jong meisie se liggaam gelê het.

“Die meisie het ʼn koeëlwond aan haar maag gehad en het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was ongelukkig niks wat ons vir haar kon doen nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê. ʼn Vuurwapen het langs die meisie gelê.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen word. ʼn Saak van versuim om ʼn vuurwapen te beveilig word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

E ·

Daar was ń meisie saam met my op skool toe ons jonger was wat haarself eers in die maag en toe in die kop geskiet het. Sy was swanger. Dit is baie hartseer. Sterkte aan die ouers.

Buitestander ·

Sterkte aan die naasbestandes. Dit is jammer dat so ‘n jong mens die lewe moet verlaat.

Cherokee ·

Versuim om ‘n vuurwapen te beveilig is dit MISKIEN nie want dalk was dit in ‘n kluis en almal in die huis behoort toegang te hê tot die kluis.

Chris Ws ·

Die argument word verstaan maar die wapen wet se slegs die eienaar van ‘n vuurwapen mag die kluis se sleutel waarin die wapen gestoor in sy/haar besit he.Nou moet dit bewys word die sleutel is gesteel.Dit terwyl die familie in rou gedompel is.Dis gladnie lekker nie.

Cherokee ·

Ek is bly jy verstaan my argument Chris. ‘n Vuurwapeneienaar kan nie sy gesin toegang tot die wapen weier want as lewens beskerm moet word tel wapenwette nie. Betrokke geval is die ander kant van die redenasie wat steeds nie die hoofsaak weg redeneer nie.

gert ·

Jammer om dit te hoor.Dit is n grootverlies.Sterkte vorentoe. Moenie beskuldig nie.Dit gaan nie die kind terugbring nie. Staan eerder saam in hierdie swaar tyd.

Hannelie ·

Ai ek kan my nie indink hoe daardie ouers moet voel nie. Baie sterkte aan haar ouers vir wie daar baie onbeantwoorde vrae is. Mag jul vertroosting kry.

Jeanne Britz ·

Mag ons Almatige Vader julle toevou in sy Groot Hande en vir julle vertroosting bring.
Baie sterkte vir julle almal in hierdie moeilike tyd.

Annchen ·

Shame …die arme kind ..sy het nog haar hele lewe voor haar uit gehad en drome gehad om te leef en wie weet miskien sou sy ook n ouer gewees het…ai

Abel ·

Ai dit is altyd so bitter hartseer vir my….. Alle liefde en voorspoed vir die jongmens se geliefdes. Ons dra julle op aan ons Hemelse Vader

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.