Man ‘vir dood agtergelaat’ in plaasaanval

Argieffoto: Lorraine Claasen

Op dieselfde dag waarop sowat 1 500 optoggangers na die Uniegebou in Pretoria opgeruk het uit protes teen plaasmoorde, is ʼn man in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem ná ʼn aanval op ʼn plaas in die Oos-Kaap.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê Riaan Scheepers is omstreeks 09:00 na ʼn hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy glo na ʼn hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is. Volgens Cameron is Scheepers op sy plaas in die Alexandria-omgewing erg aangerand, vasgebind en “vir die dood agtergelaat”.

Cameron het gesê AfriForum is tans nog besig om die presiese gebeure vas te stel.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê Scheepers is deur twee aanvallers in sy huis oorval. “Hy is ernstig aangerand. Die verdagtes het met sy bakkie gevlug, maar dit is later teruggevind. ʼn Rewolwer is ook vermoedelik tydens die aanval gesteel,” het Govender gesê.

Sy het gesê Scheepers is tans in ʼn stabiele toestand. “Presiese besonderhede rondom die voorval is nog nie bekend nie en ʼn ondersoekspan gebruik tans al die hulpbronne tot hul beskikking om die oortreders op te spoor.”

Govender het ʼn beroep op enigiemand met meer inligting gedoen om kapt. Leon Els by 083 387 0749 of Stop Misdaad by 0860 10111 te bel.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leahim ·

Die man is aangerand en vir dood agtergelaat en die belasting vermorsers open n saak van huisroof ,Wat is die rede hiervoor onbevoegdheid of growwe nalatigheid in die uitvoer van hulle pligte.

Attie ·

Dit tel as huisroof niks van poging tot moord aanranding voertuig diefstal of plaas aanval nie.

Jan Olivier ·

Dit is presies wat dit moet wees, poging tot moord – maar so word die statistieke gekook deur regering en saps!

E ·

Growwe nalatigheid deur polisie. Geen haan sal hierna kraai nie, daarvan maak die onbevoegde polisiemag seker.

Chris Ws ·

Onthou net mense die man is ‘n blanke so die reels is anders as wat dit sou wees was hy ‘n anders kleurige.Dis die anc se reels!

PJC ·

Die polisie tree op volgens nie-amptelike riglyne van bo af. Baie slim want almal ontken dit net. Zumpie en Julius se uitsprake by massasaamtrekke bevestig dit. Kyk hoe neem aavvalle toe na sulke optredes.

Melanie ·

Geen sprake van aanranding of poging tot moord nie…als deel van die polisie se plan om hul misdaadsyfers en statistieke “beter” te laat lyk!!!!

[email protected] ·

Die man is so ongelooflik erg aangerand dat mens nie kan verstaan dat enige mens dit aan n ander kan doen nie. Absolute ganade dat hy oorleef het. Ek sal graag meer in d media wil sien watter vonisse wel gegee word vir d plaasaanvallers wat wel gevang word….absoluut poging tot moord.

Afrikaanse Knaap ·

Wanneer word daar ‘n spesiale private taakmag aangestel om hierdie terroriste te jag en te vang. Ek sal bydra na hulle salarisse.

Roelf ·

Die boer se huis is seker op sy plaas. Dan is die n plaas aanval en nie een of ander huisroof storie nie. Dit is die derde of 4de geval waar die “Plaas aanval” Klagte veskans word om stasie statistiek “korrek’ ” by te hou en by navraag te wsy daasr was geen plass aanvalle nie. Red nou die volk van ons

BELAGLIK ·

Asb die regstelsel is ‘n GRAP, poging tot moord by die KFC en by die DOODSKIS saak maar GEEN poging tot moord by ‘n boer wat so verniel en gemartel en vir DOOD agtergelaat is nie. Dit gebeur nou al hoe meer dat die aanranding op boere NIE aangeteken word nie. Dit word as ‘n huisroof afgemaak, geen wonder die syfers vir MISDAAD is nogsteeds nie reg nie. Hulle mis 80% van die AANRANDINGS en POGINGS tot moord, want plaasaanvalle word as huisroof opgeteken. Maar wat net aan ‘n koperkabel dief of mango dief .. verwilder hulle net of maak hulle bang (op jou grond) en jy word van POGING to MOORD aangekla . BELAGLIK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.