Man vir selfoon doodgeslaan

Die huis op die kleinhoewe buite Cullinan waar ‘n man in die vroeë oggendure vermoor is (12 April 2017). Foto: Verskaf

ʼn Man is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Cullinan doodgeslaan.

Konst. Connie Moganedi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 00:15 op die Jakkalsdans-kleinhoewe gebeur.

Volgens Moganedi het die 58-jarige man en sy 53-jarige vriendin geslaap toe voetstappe buite die huis hulle wakker gemaak het. Die volgende oomblik het hulle glas hoor breek en het ʼn man in hul slaapkamer verskyn.

“Die vrou kon vinnig by ʼn venster uitklim en het na ʼn nabygeleë kleinhoewe gehardloop waar sy hulp gekry en die polisie ontbied het,” het Moganedi gesê. “Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die man se liggaam in die badkamer op die vloer aangetref met ʼn oop wond aan sy kop.”

Dit is nog nie duidelik waarmee die man doodgeslaan is nie. Moganedi het gesê slegs die man se Nokia-selfoon is gesteel. Die polisie se forensiese ondersoekspan het Woensdagoggend steeds die toneel vir leidrade gefynkam.

ʼn Saak van moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met meer inligting word versoek om ao. July Maseko by 012 734 0751 of 082 696 7667 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ronnie ·

cv: Ek dink dit sal gebeur vir goedere wat baie minder werd is as ‘n paar skoene ook.

So onregverdig ·

Hoe onregverdig dat ‘n 58jarige nie in vrede kan slaap nie. Mag jou familie en almal wat hierdeur geraak word in hul menigte optrek teen ‘n treurige Zuma en regering wat kriminaliteit voorstaan, uitvoer en ondersteun en geensins bekamp, hul kan nie want hul is die groot skelms.

Jone ·

En hoekom is daar nie diefwering voor die vensters nie. Dit sou hulle kans gegee het om hul self te beskerm. Moordenaars laat hul nie stuit deur diefwering nie maar dit vertraag hul aksie

johan ·

Jone het dit by jou opgekom dat hy dalk nie geld gehad het nie

Terrible ·

Ja hoor, en dan is die verskoning hulle is honger of arm. TWAK man, hoekom iemand vermoor vir ‘n selfoon . bind hom vas en vat sy goed as jy dan so ‘n groot DIEF wil wees, maar hoekom ‘n dief en ‘n moordenaar? Dit is onaanvaarbaar . baie sterkte vir die gesin. ONgelukkig wys die oormate geweld wat hierdie moordenaars gebruik dat dit nie net gewone inbrekers is nie, dit is opgeleide MOORDENAARS van formaat, niemand kan iemand net ‘doodslaan’ vir’n paar rand nie.

cor ·

Ek hoor net n groot geraas maar verder niks van wet en orde nie. n Mens se lewe is niks werd nie nie eers vir 50 c nie so word al die wets gehoorsame mense uit gemoor en die krimineel bly leef en gaan voort op sy plunder tog.

susan ·

Dis hoekom ek die zuma moet gaan, dinge ondersteun, as hy net ten minste moeite gedoen het aan die hoé misdaad, dan was dit darm iets, maar daar is net mooi niks. Dis dood. So asof daar geen president is nie. Geen niks. Ek kan net op GOD vertrou om geliefdes te beskerm. Enigste betroubare Vader.

Recce ·

Mense toe SA nog n weer mag gehaad het wat ek in gedien het was dit nog SA. Maar toe Kom di WIT mense wat saam die regering gestaan het om di komunis aan bewind te sien. Wa is julle nou. O ja seker weg gehardloop oorsee. Maar ja. Laat ons maar die aankomende burger oorlog aanvat want dis al wat hierdie land gaan reg kry. EK hoop net van harte laat die WIT mense kan saam staan DIE KEER. En persoonlik voel ek Maroela media julle plaas net komentaar wat v julle toepaslik is. Plaas die komentaar van die mense wat hulle se wil se.

humor ·

Absoluut geen paraatheid nie. Le en wag soos n vasgekeerde muis om beroof en vermoor te word.

Anoniem ·

Dan is dit nog ‘n ou selfoon ook. Nokia is nie eers meer te koop nie. Dit was glad nie vir die selfoon nie.

cor ·

Net soos ou karre gesteel word vir onderdele so het die rower seker n nokia nodig gehad vir onderdele. Op n ernstige noot ek dink daar is meer aan die storie verbonde laat ons maar wag en kyk, te veel word aan die huidige misdaat situasie gekoppel.

M A ·

Dit was iemand in ons omgewing. Nie so afgeleë nie. Die man is skynbaar nie dood van die hou teen die kop nie. Dis nog steeds baie erg. Die land is wetteloos en kriminele is onverskrokke.

tamboti ·

ja in NSA is jou lewe minder werd as die’ van ‘n mossie, jou DAE is getel, en jou spoor sal nie val sonder dat die teespoed jou volg nie. Jou naam is gekerf in ‘n koeel en jou bloed roep teen ‘n plafon vas. Brood sal jy vra maar klippe sal jy kou. Die Hoop het ons beskaam , al hoop wat oorbly is die ashoop.
(My gedagte vir die dag)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.