Man vir selfoon en R40 aangerand

selfoon 2ʼn Man is Sondagaand in Johannesburg se middestad vir sy selfoon en R40 aangerand.

Volgens ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het drie mans die 38-jarige slagoffer om 21:00 op die hoek van Delvers- en Prichardstraat beroof.

“Die man was op pad huis toe, toe die verdagtes hom oorval het,” het Mbele gesê. “Hulle wou hom wurg en het hom met ʼn bierbottel geslaan, waarna hulle sy selfoon en beursie met R40 gebuit het.”

Die slagoffer het om hulp geroep en omstanders het die verdagtes verjaag. Die polisie het kort daarna twee verdagtes in hegtenis geneem. Die derde verdagte het egter met die man se besittings gevlug.

Die twee verdagtes, 19 en 20 jaar oud, moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

moegoe ·

Dit raak GROOT DAE – pasop vir die skelms hulle roof en beseer jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.