ʼn Man is Sondagaand in Johannesburg se middestad vir sy selfoon en R40 aangerand.
Volgens ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het drie mans die 38-jarige slagoffer om 21:00 op die hoek van Delvers- en Prichardstraat beroof.
“Die man was op pad huis toe, toe die verdagtes hom oorval het,” het Mbele gesê. “Hulle wou hom wurg en het hom met ʼn bierbottel geslaan, waarna hulle sy selfoon en beursie met R40 gebuit het.”
Die slagoffer het om hulp geroep en omstanders het die verdagtes verjaag. Die polisie het kort daarna twee verdagtes in hegtenis geneem. Die derde verdagte het egter met die man se besittings gevlug.
Die twee verdagtes, 19 en 20 jaar oud, moet binnekort in die hof verskyn.
Dit raak GROOT DAE – pasop vir die skelms hulle roof en beseer jou.