Man vlug ná hy vrou glo doodskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Gautengse polisie is op soek na ʼn man wat vermoedelik sy vervreemde vriendin, met wie hy ʼn kind het, doodgeskiet het en daarna haar verhuurder gewond het in die proses om van die toneel te vlug.

Die verdagte word deur die polisie as ʼn taxibestuurder van Ormonde in Johannesburg beskryf.

Die 34-jarige vrou is Maandagaand by haar huis in White City in Soweto doodgeskiet, vermoedelik deur die 39-jarige verdagte wat bekend is daarvoor dat hy as taxibestuurder skoolkinders in die omgewing vervoer.

Die verdagte het glo die vrou besoek om hul verhouding te probeer herstel toe sy dié voorstel van die hand gewys het. “Toe die vrou weier, het die verdagte sy vuurwapen uitgepluk en die vrou doodgeskiet,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Toe die vrou se verhuurder die skoot hoor het sy gaan ondersoek instel. “Die verdagte het toe ʼn skoot in die 57-jarige vrou se rigting afgevuur. Dit het haar in die linkerarm getref.”

Sy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Enigiemand met inligting oor die saak kan kol. Van Wyk by 080 520 6945 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.