Man vlug wat Rolls Royce wou steel

Foto: Johannesburg-metropolisie via ANA

Die polisie is op soek na ʼn man wat probeer het om ʼn Rolls Royce, ter waarde van R5 miljoen, in die suide van Johannesburg te steel.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het gesê die motor is Woensdagmiddag omstreeks 13:20 uit ʼn winkel by The Glen gesteel.

“Die eienaar van die werkswinkel was in daardie stadium in ʼn vergadering en werkers het hom laat weet die motor is gesteel,” het Minnaar verduidelik. “Hy het die diefstal by Mondeor-polisiestasie aangemeld en toe hy ook na Eldoradopark-polisiestasie wou gaan om ook die diefstal aan te meld, het hy die motor op die N12 gewaar.”

Volgens Minnaar het die eienaar van die werkswinkel die Rolls Royce op die N1 in ʼn suidelike rigting agtervolg, waarna die persoon die Golden Highway-afrit geneem en weer teruggery het met die N1 in ʼn noordelike rigting. In hierdie stadium het die eienaar van die werkswinkel twee metropolisiebeamptes, op patrollie, gewaar en hulle in kennis gestel van die gesteelde motor.

“Die beamptes het die Rolls Royce agternagesit en tydens ʼn hoëspoedjaagtog het die man die Maraisburg-afrit geneem om net weer op die N1 in ʼn suidelike rigting te ry. Die beamptes het gesien hoe hy rooi verkeersligte verontagsaam en hy het ook langs die geel sperstreep gery, in ʼn poging om van die beamptes te ontvlug,” het hy gesê.

“Die verdagte het die N17-afrit geneem in die rigting van Riverlea, en op die hoek van Couga- en Indwestraat het hy die motor verlaat en te voet tussen die huise deur gevlug,” het Minnaar bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die motor is na Aeroton-polisieskut geneem vir verifikasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Snoefels ·

Wel lyk darem of daar nie skade is nie, hy wou hom net vir n toets rit vat hehe

Anna ·

As hulle 5mil karre op die vloer het, het hulle sekerlik kameras, so maak dit bekend aan die publiek met n beloning – eks seker iemand sal hom erken :-)

Gys ·

Hoe het hy die sleutels in die hande gekry. Daardie voertuig kannie gestart word sonder die coded key nie. Klink na n inside job weer.

Mike Kaapstad ·

Sjoe wat n mens nie alles sal doen vir n luukse spin nie………..

Gupta ·

Hy wou seker gevoel het hoe dit is om vir n rukkie n Gupta te wees.

Voorlaaier ·

Ek sit nu en wonder of hulle ooit daardie Maserati gekry het wat hulle uit die vertoon lokaal gesteel het?……weet enig iemand?

Bloues ·

Miskien is ek dom, maar sou die opskrif nie beter lees as volg nie : Man wat Rolls Royce wou steel vlug. ? Ek sal graag wil hoor of ek nou hie die pot heel mis sit.

Johann ·

SOU hy gevang word gaan hy seker sê dis rassisties en diskriminerend om hom aan te kla. Hyt bloot die kar vir n toetsrit gevat en op n “inklusiewe vertoon area” gaan parkeer sodat ALMAL toegang het tot sulke trorre…of hys in diens van die BBP bloulig brigade? Deel van.sy indiens ipleiding om seker te maak hy kan WEGKOM in enige situasie.

Vermeende ·

Misdaad het twee kante, die een wat die regering voorhou as verskoning, misdaad kan dan ook verder afgebreek word om die oorsaak te bepaal om misdaad te kan bestuur wat hierdie regering liefs nie wil doen nie.
Hierdie is n klasieke voorbeeld en bewys. Die groot meerderheid misdaad gaan oor die bling (rykdom en welvaard)
Wat sou hy tog met daai kar maak, opbreek vir spares of sonder pappiere verkoop of hom oor die grens vat.

Vermeende ·

Ek kan nie anders nie, kyk net hoe mooi pas daai RR in die spogbuurt.
Ons is al almal gewoond om al die duur Duitse motors en luukse SUV’s langs n RDP te sien, die knaap het seker maar gedink sy nuwe regstelinde kopie sal nie veel aandag trek tussen die mooi BMW’s en Merc’s nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.