Man voor bank doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

’n Man (40) is vanoggend dood ná hy geskiet is terwyl hy by ’n bank in Prospectonlaan in Durban, KwaZulu-Natal, uitgeloop het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind.

“Twee onbekende mans het die man genader toe hy uit die bank stap en op hom losgebrand. Hulle het hom in die bors en nek geskiet,” het Zwane gesê.

“Ons personeel het omstreeks 11:57 op die toneel opgedaag. ’n Ander paramedikus het die man reeds begin behandel,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Noodbehandeling en hartmassering is op die pasiënt toegepas. “Ná 30 minute was daar steeds geen teken van lewe nie en is hy op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die verdagtes het met ’n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.

’n Saak van gewapende roof en moord word deur die Isipingo-polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cora koch ·

Hierdie land van ons is deesdae regtig nie meer n lekker plek om in te woon nie! My seun en sy vrou en dogter is gistermiddag op die N1 voor William Nicol aangeval nadat hulle gestop het om n pap wiel te vervang. Hulle is erg getraumatiseerd en my kind in Icu. Hoe ver gaan hierdie goed gaan? Ons mense word uitgemoor!

Ai ·

Sterkte aan julle en hoop jou seun herstel volkome. Dis verskriklik.

snoefie ·

baie sterkte aan julle almal. Karel kat jy is so reg. asdit diegeval is,hoop ek die oorledene se fam kry die moordenaar op nverlate pad in die donker beet.

Karel Kat ·

Laat die bankklerk wat hom bedien het ‘n leuenverklikker toets ondergaan & gaan die bankklerk se selfoon oproepe na.
Hierdie klink soos die gevalle waar jy van jou splinternuwe kar beroof word, sodra jy by die huis aankom.

Darryl ·

Skerp Karel Kat..ek sou nou nie eers daaraan gedink het nie..

Flintstone ·

Stem.2 van my vriende geskiet net nadat hulle die bank verlaat het waar hulle redelike bedrae geld getrek het.As ons teen hierdie tyd nie weet dat sommige van die bankklerke ‘n verdagte kan wees,is ons ou nasie maar baie naïef.

anton ·

Karel, ja dit kan gedoen word maar ongelukkig word dit nie in ons regstelsel/howe aanvaar as n bewys van enige iets nie.
Ons wat weet en skerp is, weet dat baie/meeste misdade gepaard gaan met ”inside information”
Jare gelede toe blankes orals vervang is het ek geweet dat sulke en ander misdade gaan plaasvind. Baie het toe vir my gelag maar tog was ek in die kol!

Pik ·

Kan niks uitsluit nie meeste van die gevalle staan die rowers se vriende in die selfde ry by die bank en laat weet hulle makkers buite wie doen wat banke moet alle seine blok as jy in die bank ingaan

Eps ·

Ek dink banke moet slegs privaat selle hê om kliente te help. Die probleem is dat daar op die ou einde banke of afdelings in banke, wees wat hoê kkontantvloei kliente bedien en banke wees wat lae kontvloei kliente bedien. Binnekort sal kontantvervoer besighede beter floreer as die groot kettingwinkels. Kontant is ‘n goot probleem. Ek persoonlik gebruik net debietkaart, internbanktransaksies en so ver as moontlik internet aankope.

Daniel ·

Daar ondersteun ek die Arabiese lande. Daar is Polisielede in al die banke en geen selfone word toegelaat om gebruik te word in die bank nie. Geen fotos van ongelukstonele mag geneem word nie en jy mag niemand afneem sonder daardie person se toestemming nie.
Ek glo in hierdie geval het die mense vooraf geweet van waar en wanneer die person geld sou trek. Indien nie, gaan geslotekring videos na, iemand het die ander buite laat weet en tien teen een nog agter hom uitgestap ook om seker te maak hulle het die regte person.

Irene ·

Fire hul almal in bank nou kan jy die kasiere ook nie vertrou nie in banke nie wat nou is INSIDE JOB

Alida ·

Ag genade tog. Leer die mense nie om NIE in ‘n bank baie geld te trek nie. Dit is ‘n inside job. Hallo !!!!!!!!!EFT!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.