Man voor Kaapstad-hof doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Maandagmiddag dood en twee ander is beseer na ʼn skietery buite die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die 19-jarige man van Bonteheuwel is op die hoek van Myrtle- en Jakkalsvleiweg doodgeskiet.

Van Wyk sê die insittendes van ʼn Toyota Quantum, wat daar verby gery het, het glo op die man losgebrand. Hy sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.