Man voor kleinkinders met panga aangeval

Argieffoto: Reint Dykema

Koos Ludeke (59) is Woensdagoggend omstreeks 06:00 ten aanskoue van sy twee kleinkinders met pangas, messe en ʼn ysterstaaf op sy plaas aangerand.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê Ludeke wou sy plaas, Boschplaat, naby Hoopstad verlaat met sy twee kleinkinders toe hy sien sy voertuig se band is pap.

“Vier mans gewapen met pangas, messe en ʼn ysterstaaf het skielik te voorskyn gekom en hom aangeval. Hy het beserings aan sy hande opgedoen,” het Mbambo gesê.

Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die man is aan sy voorarm gewond.

“Die man het terug na die plaashuis beweeg. Die oomblik toe sy vrou sien wat aangaan het sy ʼn vuurwapen gaan haal en ʼn skoot afgevuur. Die verdagtes het gevlug,” het Mbambo gesê.

Sy kleinkinders is nie tydens die voorval beseer nie.

Volgens Mbambo is naburige boere gemobiliseer en die polisie in kennis gestel. “Die boere het onder meer vliegtuie gebruik om die verdagtes wat in die bosse in gevlug het op te spoor,” het Mbambo gesê.

Die boere het vier verdagtes, in hul twintigs, in hegtenis geneem en aan die Hoopstad-polisie oorhandig.

Volgens Mbambo is een verdagte van Hoopstad en die ander drie van Bloemhof. “Die verdagtes sal aangekla word van poging tot moord en binnekort in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish ·

Goed gedoen deur die omliggende boere.
Klink na n groot stuk genade dat die man leef.

Basjan ·

Goeie werk!! Dis hoe jy dit doen! Vang die skelms, lewer hulle oor aan die SAPS. Boer is veilig, skelms gevang en die kleinkinders ongedeurd. Flink werk van die boeregeenskap. Wat nou die uiteinde sal wees van die verdagtes kan mens maar net raai.

CHRISTA ·

Basjan, dit lyk my ons moet hierdie boere kry om ons polisiemag op te lei. DAN sal hulle miskien weet hoe om die skurke te vang!!

Johanna Botha ·

Mens hoop net dat hulle nie weer ontsnap uit polisie aanhouding soos al so baie gesien

Van ·

Hoop van harte die boere het die boosdoeners met watte toe-gedraai en n strikkie op elkeen vasgemaak voordat hulle die arme mense aan die SAPD oorhandig het.

Asjas ·

Ek hoop iemand het video geneem by oorhandiging, net om seker te maak hulle word nie in die Polisie selle aangerand en Boere dan later beskuldig nie.

Zach ·

Hoopelik is die verdagtes in wate toegedraai, berading gegee en gesoen, voor hulle vir die polisie gegee is.

KG ·

Sy vrou het flink gedink met die skoot wat sy afgevuur het!! Alhoewel nog steeds traumaties, net bly alles darem ten goede uitgewerk.

Die Kryger ·

Daars groot fout. Die 4 val 1 aan. Op Parys gebeur wat. Die 1 wat aangeval wordoorleef. Die aanvaller sterf. Gee tog die ant

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.