Man voor seun, kleinkinders doodgesteek

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 65-jarige man van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, is Woensdag in sy huis ten aanskoue van sy vrou, sy seun, dié se vrou en hul twee kinders, asook die seun se skoonouers doodgesteek.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 03:30 in Puntlyf plaasgevind.

“Sewe gewapende verdagtes het die skuifdeur oopgebreek en die huis binnegegaan; alles in die huis is op die vloere gegooi,” het Masondo gesê.

Die man is in sy bors gesteek met ʼn skerp voorwerp. Hy is op die toneel dood.

Sy seun is in sy kop geskiet en later na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die slagoffers is Koos Benadie (65) en sy seun, Allewyn Benadie.

Die eienaar van die grond wat die huis aan die Benadies verhuur het, en verkies om anoniem te bly, het aan Maroela Media gesê Koos en sy vrou, Allewyn en sy vrou, hul twee kinders en Allewyn se skoonouers was in die huis was ten tyde van die voorval.

“Die twee kinders, onderskeidelik in graad drie en graad vyf, het vanoggend vir die berader wat ek daarheen geneem het vertel hulle moes vir die verdagtes uitwys waar die kabelbinders is [wat gebruik is om die slagoffers vas te bind], waar die selfone is, ens. Hulle het alles gesteel, selfs die kinders se skoene,” het sy gesê.

Volgens haar is Allewyn se skoonouers nie erg beseer nie. Daar is wel tydens die voorval bokse op hulle gegooi.

Volgens Masondo is daar twee voertuie, twee yskaste, agt selfone, twee platskerm-TV’s en ʼn DVD-speler tydens die voorval gesteel.

Die polisie ondersoek sake van huisroof, poging tot moord en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andries Visagie ·

Weereens wys dit dat respek vir lewe nie hoog op die lys is in Afrika nie.

Irma ·

Hoe noem die President v Amerika die Afrika kontinent. Hy kyk v buite en is bereid om ‘n mening te lig wat gladnie vir die bakhand state lekker is om te hoor nie.

Hans ·

Sterkte aan die familie en vriende. Die kleine kinders is opgevurk vir die res van hul lewe, dit is vreeslik jammer.

Gerda Venter ·

Alle simpatie aan die familie. Dit is bitter erg en traumaties vir die hele gesien. Die arme kleine kindertjies wat dit moes beleef. Iets moet gedoen word rakende die plaasaanvalle

Elsa ·

As die booswigte buitlanders is, moet hul swaar gestraf word, en glo hulle sal gou inhegtenis geneem word, Sigbaarheid van Polisie en Sekuriteite moet nou oral ontplooi word, JA dit is moontlik…..Gebedes is om die familie wat aangeval was…

Dikmelk ·

Hoeveel nog? Hoe lank nog? Of is ons al so vuisvoos dat ons sit en wag vir ons beurt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.