Man voor sy huis in PMB doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Man is Donderdagaand in die oprit van sy huis in Eastwood, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 21:50 na die toneel ontbied. “ʼn 45-jarige man is verskeie kere in sy bolyf geskiet ná hy voor sy huis oorval is. Hy is op die toneel ondersoek, maar het geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord is by die Pietermaritzburg-polisiestasie aanhangig gemaak. Hy het gesê dit is nog nie duidelik of dit ʼn poging tot roof was en of die slagoffer dalk sy aanvallers geken het nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Weereens net n MOORD dit raak nou n bietjie erg in die land. Wat was die spreek woord altyd Lank Lank gelede was daar n baie mooi land met wette en respek en toe kom die ANC .NOU JA TOE DINK MAAR VERDER WAT EK WOU GESKRYF HET .Dit is n sad state of affairs.

willem Botha ·

Sou hulle hom in die dienste kantoor van die polisie stasie geskiet het sou die polisie nie geweet het wat aangaan nie en sou hulle n ondersoek gedoen het en die publiek se hulp gevra het , n mens weet nie of jy die spul moet jammer kry of lag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.