Man voor TV op kleinhoewe geskiet

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die Kabega Park-polisie in Gqeberha (Port Elizabeth) is op soek na drie verdagtes wat ʼn man Dinsdagaand op sy kleinhoewe in Theescombe geskiet en beseer het.

Die 59-jarige slagoffer het glo televisie in sy huis in Lakesideweg gekyk toe drie mans omstreeks 20:30 deur ʼn oop deur in die sitkamer gebars het.

“Die verdagtes het twee skote op die slagoffer afgevuur en gevlug. Niks is uit die huis gesteel nie.

“Die slagoffer het ʼn besering in sy linkerboarm opgedoen,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, gesê.

Die motief vir die skietery is in dié stadium onduidelik. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie by 082 302 6159 te bel, of die misdaadnommer by 08600 10111 te skakel. Inligting kan ook via die MYSAPS-app gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Janine ·

Ons moet nie nodig hê om in tronke te bly nie. Ek weet dit is ongelukkig die realiteit, maar steeds.

Ilse ·

Waar is die mense se alarmtoestelle en indien hy het hoekom was dit nie geaktiveer nie? ????

Pieter ·

Die motief was moord. Daar is niks gevat nie, en as jy iemand roof skiet jy nie net nie

melaney ·

Baie bly die man is net beseer en nie dood nie. Hopelik sal hy in die toekoms onthou om homself te beveilig sodat hy ten alle tye in sy eie huis agter slotte en grendels met sy lewe kan aangaan.

Lida ·

Dank Vader ek bly nie daar nie. Die hoeveelste moord in die afgelope paar maande. Is daar iets in die drinkwater.

AmY ·

Ons kan nie eens meer met oop deure of op ons stoepe kuier nie.
Ek glo hulle sou in elk geval ingekom het, al was die deur gesluit gewees.

Perdeby ·

‘n Oop deru????????? mense mense mense wanneer gaan julle leer???? !

Maritza ·

Dis aaklig om in jou eie tronk te bly maar ongelukkig kan jy dit nie waag om jou deur oop te hou nie

Papsak ·

Nee kyk ons is nerens meer veilig nie hulle stap net dood eenvoudig in skiet vat jou goed en jy moet maar tevrede wees met als ons stap nie by hulle plekke in en skiet en vat hulle goed nie beste van als hulle kan oop sit met alles om hulle ons sal hulle nie gaan aan val nie maar ons moet uit gewis word

Pampoen ·

Elkeen het die reg om met ‘n oop deur te sit. As jy die deur sluit, gaan die mense maar net sê hoekom het hy nie ‘n veiligheidsdeur gehad nie, of waar is sy honde, of waar is sy vuurwapen, of waar is sy alarm. Ons kan nie in tronke bly en senuweeagtig en verbouereerd met ‘n vuurwapen in die hand om ons rondloer nie. Sommige kommentators laat dit lyk of hy nou eintlik die skuldige persoon is. Ja ek probeer ook veilig wees sonder om paranoies te wees. Selfs dan is daar onbewaakte oomblikke wanneer ek in die garage doenig is of as ek by die huis aankom.

Janine ·

Uitstekend gestel. Ons moet nie nodig hê om soos kriminele agter toe deure, hoë heinings, toegesluite venters ens. in tronke te bly nie.

Swerwer ·

Genade, hoe kan jy nog met oop deure sit, daardie tyd van die aand. Met die ANC se mense jag kan jy dit nie eers in daglig meer doen nie.

minniemuis ·

Ek is skuldig met oop deure. Mickey muis gaan slaap so na 9 en dan sluit ek eers hier by 12 uur. oop voor en kombuis deur. heel duidelik sal ek moet wakker skrik al bly en n garra dorpie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.