Man voor vrou, dogter doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Polisiebeampte is Donderdag in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet toe hy sy vrou en kind tydens ʼn rooftog te hulp gesnel het.

Die polisiebeampte was nie ten tyde van die voorval aan diens nie.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte het in die gesin se motor naby die ingang van ʼn winkel in dié nedersetting gewag terwyl sy vrou en kind in die winkel was.

ʼn Rooftog het hom in dié stadium in die winkel afgespeel waarna die winkeleienaar die winkel se alarm aktiveer het.

Peters vertel dat die polisiebeampte se dogter daarin kon slaag om na buite te hardloop om haar pa se hulp te ontbied. Die polisiebeampte het by die winkel ingehardloop om te help toe die rowers hom van agter geskiet het.

Die polisiebeampte het op die toneel ten aanskoue van sy vrou en dogter aan sy beserings beswyk.

Volgens Peters kan die oorledene nie in dié stadium geïdentifiseer word nie.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommisaris, het sy medelye aan die oorledene se naasbestaandes betuig.

“Namens die bestuur en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die provinsie wil ek my medelye betuig met die vrou en dogter wat die tragiese dood van hul man en pa moes aanskou. Ons sal alles in ons vermoë doen om die verdagtes op te spoor sodat hulle gestraf kan word,” het Mawela gesê.

Dit is tans nog onduidelik hoeveel rowers by die voorval betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Dankie aan FW ook ·

Moet nie vergeet om roelfi en fw ook te bedank nie.

zeno ·

Henk – Dit is nie vieslik wat Celeste vra nie, dit het gebeur. Dink bietjie eerder.
My simpatie is by die vrou en die kind.

Uiltjie ·

Twee vrae: Is die land besig om in anargie te verval, of is dit klaar daar? Ha?

Wonner ·

Ons is al lankal daar…ons tuimel nou die afgrond af en niks keer ons nie

Karolis ·

Is dit nie fopnuus nie? Rampie se dan hier gebeur niks van sulke aard nie.
Medelye met die naasbestaandes.

GM ·

Daardie arme kind en vrou wat dit als moes aanskou. Wat ‘n wonderlike pappa om nie twee keer te dink aan die gevaar nie, maar net aan sy gesin se welstand. Rus in vrede.

Weeskind ·

Ek is ‘n dogter van ‘n polisieman wat ook in rooftog doodgeskiet is. My hart gaan uit na die gesin. Dit is die seerste seer. Ek bid vir julle. Rus in vrede – salute!!

Cherokee ·

Weeskind, vele (indien nie die meeste) kommentators lees net hulself. Miskien is dìt waarom 9 ure na jou plasing, niemand eens hallo gesê het vir jou nie. Eenvoudig net kommentare soos ‘daar gaan niks van kom nie!’ wat net napraat is van herhalende rympies.

Haai Weeskind, jy sê nie hoeveel tyd oor die seer beweeg het nie, want dit maak nie verskil nie. Wees net trots op jou pa, want hy het sy aardse lewe gegee waarvoor hy geveg het – vir geregtigheid. Vergeet hierdie bewerings dat ‘daar niks van sal kom nie.’ Dit is bloot na-aap van ander soortgelyke kommentare.

willem Botha ·

Net nog n bewys van hoe swak die huidige “polisie” opgelei word ek verstaan sy vrou en kind was in gevaar maar net instorm en nou met sy lewe boet,die polisie smaak my ly self oor hulle nie hulle werk doen nie.

Jan ·

Nou wat sou jy gedoen het as jy in sy posisie was Willem Botha? Op jou gat in jou kar bly sit het? Jou alewige negatiewe kommentaar oor die polisie raak nou regtig afgesaag.

zis ·

Willem – `n mens tree partykeer op sonder om te dink,ek dink dit was miskien die geval. Hy was net besorg oor sy vrou en kind en het met sy lewe geboet. Tragies

Wonder ook ·

Ekt ook nogal gedink dit was ‘n dom besluit om in te storm. Jyt geen idee wat die opset daar binne is en met wat hulle gewapen is en hoeveel daar is nie. Dis nou soos om met ‘n mes na ‘n skiet geveg te gaan. Sê maar net…

bolla ·

En jy weet natuurlik presies wat die polisiebeampte se optrede was né want jy’t mos iets gelees op Maroela en toe tot jy eie wonderbaarlike gevolgtrekking gekom. Eish.

Charles ·

Ag Willem, jou kommentaar is afgesaag. As jy so slim en sterk is, klim van sosiale media en doen iets produktiefs.

Elsa ·

Ag nee Willem! Enige pa sou gedoen het wat daardie polisieman gedoen het. Watter man sou eenkant gestaan het en eers die opset probeer opsom het om te bepaal hoe veilig dit vir hom sou wees om sy vrou en kind te help? Hoekom nou weer die polisie afkraak? My innige simpatie aan hierdie gesin met die verlies van ‘n eggenoot en ‘n vader.

Maureen ·

Henk weet dalk nie waaroor dit gaan nie. Verduidelik dit vir hom mooi.

Maureen ·

Henk weet dalk nie waaroor dit gaan nie. Verduidelik dit vir hom mooi.

Guve ·

Ag, regtig, hy was dalk n polisieman , maar op daardie oomblik was hy n Pappa, en bekommerd oor sy vrou en kind, hou jul snedige kommentaar vir julself , stop die negatiwiteit, R.I.V.Pappa, en baie sterkte aan di gesin.

Arnót ·

Dit is feitlik baie hartseer dat die man doodgeskiet is, maar……… Dit is bitter onverantwoordelik on net by n misdaad situasie in te storm. Halle wat dit nie verstaan is oningelig, niemand seg by sou nie gaan help het, sê net dat by nie moet in storm nie. Ek was ook n paar maande terug aangeval en ses skote op my geskiet van 6m af. As ek net aangestorm het was ek vandag ook statistieke. So ja, die poliesman was onverantwoordelik en nou sit sy vrou en kinders sonder n pa.

Boerboel ·

Toe ek destyds in die bos oorlog was het jy geweet wie is jou vyand, nou weet jy nie. Ek dink dit moet baie moeilik wees om n’ Polisie lid te wees, jy weet nie of jy vannaand terug gaan huistoe . Baie gevaarlike werk.

Boerboel ·

As hy niks gedoen het nie kon hy dalk sy vrou en kind verloor het, Hoe sal hy dan gevoel het. Daai beskerm drang sal altyd daar wees, onthou jy het net n; split sekonde om te dink wat gaan jy doen. Maak nie saak hoe goed jy opgely is nie, jy is nie bullet proof nie. Ek was in soort gelykke gevaar waar manne vasgekeer was en ammo is klaar, Twee het gaan probeer help, net een het dit lewendig gemaak, en swaar gewond. Dis nie maklik nie. Jy is n’ Pa en dis jou vrou en kind, dan dink jy anders!

Piet parys ·

Enige iemand is sy lewe nie meer seker in die land . Die polisie man het gedoen wat enige pa wat sy sout werd is sou doen om sy gesin te beskerm . Die vraag is wat sou jy doen op daardie oomblik . Voor dit nie met jou gebeur nie sal jy nie weet wat jou optrede sal wees nie al se jy ook wat . Die man wss van diens af en tien teen een nie sy wapen gehad nie

Boerboel ·

Stem saam Piet Parys, Sy vrou en kind sal hom nou onthou dat hy hulle lewe wou red. Dis n’ baie duur prys om te betaal, Dit is wat Misdaad doen in die land, Los gebroke families agter. Die weermag sit en niks doen, hulle moet aangewend word .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.