Man voor vrou vermoor tydens staptog

Argieffoto

ʼn Man is Sondag vermoor terwyl hy en sy vrou by Echo Valley in Muizenberg in die Wes-Kaap gestap het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvaller het die uniform van ʼn veiligheidswag aangehad.

Volgens Johann Marais van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is die egpaar eers met klippe gegooi voor die verdagte met ʼn mes vorendag gekom en die 56-jarige man gesteek het. ʼn Lugambulans is gebruik om die man na ʼn hospitaal te bring, maar hy het aan sy beserings beswyk.

ʼn Polisiehelikopter en die honde-eenheid was ook op die toneel om na die verdagte te soek. Rwexana het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die voorval volg nadat ʼn groep van nege mense vroeër vandeesmaand in die Silwermyn-natuurreservaat op Tafelberg aangeval is.

“Die groep het gaan stap en twee mans, wat soos bona fide-stappers gelyk het, het by die groep aangesluit,” het Marais destyds gesê. “Die groep was versigtig vir die vreemdelinge, maar die mans het ongeveer 30 minute lank saam met die groep gestap voor hulle skielik toegeslaan het.”

Volgens Marais is vyf mense, onder wie twee vroue, met messe gesteek. “Die groeplede het hulself probeer verdedig – die groep het in twee verdeel en in verskillende rigtings gevlug. WSAR moes dus na twee verskillende tonele ontplooi word.”

Die groep is ervare stappers, en van hulle is lede van WSAR. Volgens Marais is een van die mense in ʼn baie ernstige toestand. Die ander het geringe tot matige beserings opgedoen en is stabiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Piet Piper ·

Kan die Speaker nie dalk die parlementslede op daardie staproetes stuur dat hulle eertehands kan ervaar wat buite hul gemak-sones aangaan in hierdie land. Die vraag is….hoeveel van hulle kan ‘n kilometer of drie stap ???

Liue ·

Die Kaap raak by die dag gevaarliker en gevaarliker. Sal nie eens daar besoek afle nie.

BOLANDER ·

Liue, die hartseer storie is, dit gebeur nou ORALS!!!!!!!!!

Lientjie ·

Weet nie wat ‘n ervare stapper te doen het met die aanval nie. Mense sal moet leer om maar by die huis te bly en ons mooi natuur van veraf te bewonder, want dit is nie eers meer vir ons beskore nie. Eers het hulle die fietsryers begin aanval nou is dit die stappers en hulle is ook nie bang vir ‘n groot groep stappers nie. Hulle weet die stappers het nie enige iets by hulle om hulle self te verdedig nie. Skokstokke moet nou maar ‘n vereiste wees as jy gaan stap of jou vuurwapen.

not in wonderland ·

Ek loop nêrens heen nie en reis ook die minimum met my motor. Liewer bang Jan. Moeg om oor my skouer te kyk.

humor ·

Ek is nievolledig op hoogte met alle nuus nie, en het nog nie gehoor dat CR hom uitspreek teen hierdie endemie van moord, aanvalle, verkragting, ens. nie. Indien nie, ons wag met groot erns nie alleen op beloftes nie maar op daadwerklike optrede.

LouE ·

Oppas – Veiligheidswagte kan nie goedsmoeds vertrou word nie.

Mike Kaapstad ·

ag wat nerêns meer veilig nie,huis,winkel,bank,plaas,opstraat,orals lê die dood en wag,…….

Pop ·

Veiligheidswagte kan nerens anders werk nie want gewoonlik is hulle ongeskool. Hulle kry ook n minimum loon. So ek vertrou hulle glad nie.

Jan B ·

Wanneer gaan ons leer om onsself te verdedig? Mense moet hulself begin bemagtig en begin met selfverdediging klasse.

Amber ·

Maroela het n paar weke gelede n soortgelyke berig geplaas, ook kamtige stappers wat by n groep aangesluit het. Hulle modus operandi was presies dieselfe. Kan Maroela my geheue verfris? Die voorval was ek dink by Constantia of Kirstenbosch.

TLC ·

Skokstok waar jy gaan sonie botteltjie gas. Ek het al gesien hoe skok daai ding jou dat jy lam is ( iemand wat met myne gespeel het) hy het op sy allie geval en was vir n paar uur lam gewees en soma eenetjie wat ek by vlooimark gekoop het

dejager ·

Tragies.
In Suid Afrika stap ek altyd met ń vuurwapen.Ons het honderde duisende burgers wat as hulle dink hul sal nie gevang word nie verander in ń krimineel.

Reyna-Marie ·

Mike, dit is so waar. ‘n Mens voel nie meer veilig in hierdie land nie en daar is so baie mooi dinge om te geniet. Die standaard van lewe het verander.

Rikku ·

So onnodig, so wreed en so sinneloos ! Jy kan niemand meet vetrou nie.

Will ·

Ons as toeriste wat dikwels die Kaap besoek, neem kennis. Dit is duidelik dat strawwe vir moord en gewapende aanvalle nie effektief as afskrikmiddel dien nie. Wat wel as afskrikmiddel dien, is die voortgesette aanvalle op toeriste en onskuldige stappers, wat jou tweemaal laat dink of jy die Kaap wil besoek. Laat ons sien of die DA dit beter as die ANC kan hanteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.