Man voorlopig vry ná kroegmoord

Ludi Vink. Foto: Facebook

Die saak teen ʼn 52-jarige man wat aangekla is van die moord op Ludi Vink, die man wat in Februarie 2017 dood is nadat hy in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek is, is voorlopig teruggetrek.

Die verhoor teen Daniel Jacobs Olivier sou vandeesweek in die rondgaande hof in Palm Ridge plaasgevind het, maar die aanklagte teen Olivier is onverwags deur die staat teruggetrek. Alberton Record berig die staat het aangevoer daar is ʼn gebrek aan verklarings en inligting rakende Vink se dood en die uitslae van die nadoodse ondersoek is nog nie beskikbaar nie.

Die Gautengse woordvoerders van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kon Vrydag ondanks verskeie pogings nie bereik word vir kommentaar nie.

Maroela Media het vroeër berig Vink (30) was op 21 Februarie 2017 saam met ʼn familielid in ʼn kroeg in Randhart, Alberton, toe die voorval plaasgevind het. Veiligheidskameras in die kroeg het die gebeure vasgevang en die beeldmateriaal is destyds op sosiale media gedeel.

Daniel Jacobs Olivier by die polisiestasie. Foto: Verskaf

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe Vink langs die potspeltafel staan en ʼn ander man die potspelstok gryp en Vink in die gesig steek. Vink sak inmekaar en die man draai om en beweeg uit die kameraskoot uit. Iemand hardloop dan nader en trek die stok uit Vink se gesig voordat hy hulp ontbied.

Vink is na ʼn hospitaal gehaas waar hy breindood verklaar is. Hy is later in die hospitaal dood, maar is lank genoeg op lewensondersteuningsmasjiene gehou om sy organe te skenk.

Olivier het homself drie dae ná die voorval aan die polisie oorgegee.

Anet Vink, Ludi se stiefma, het twee weke gelede in die aanloop tot die hofsaak op haar Facebook-profiel geskryf hoe moeilik dit is om die hofverrigtinge by te woon. “Weereens sal ons na die mense moet kyk wat jou op so sinnelose manier uit ons lewens kom skeur het! Bang, bang vir die rou stukkende emosies wat oopgeruk gaan word met elke sin, elke getuie,” het sy geskryf.

“Dis ʼn pad wat ons lewens gevat het wat ons nie kon voorspel nie. Dis ʼn gemis – wens jy kon saam wees in ons lekker tye. Vir jou sal ons die pad stap. Dapper, vol moed, vol mis, vol hartseer.”

Lees alle vorige berigte oor Ludi Vink op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Allie ·

Hy is en sal altyd n moordenaar bly! Maak nie saak wat die staat se nie. YAHWEH se wette bly ewig.

Gert ·

Ek sien uit na die geregtigheid en sovereigniteit van Yahweh. Yahweh se ystersepter kom verseker. Dan is daar nie meer grys area nie. Reg is reg net reg en verkeerd net verkeerd. Geen human rights nie, Yahweh het al die se. Indien iemand gemoor het behoort hy/sy uit die samelewing gehaal te word sonder enige regte. Want die slagoffer se regte het by die moordenaar nie getel nie.

BenaYaHU ·

Shalom! Allie en Gert
Stem saam dat die Instruksies, Voorskrifte en Statute van die Skepper van toepassing bly.. Oordeel (hoe moeilik ook al om dit te aanvaar in hierdie vleeslike bestaan) kom Hom toe.

Terloops, in ‘n opbouende woord, bestudeer gerus die Skepper en Sy seun se ware name – YaHU(aH) en YaHU(sHa – YaHUaH Bevry). Onthou ook en neem in ag, die Seun het IN die Vader se NAAM en Karakter gewandel..
Die naam ‘Yahweh’ is egter nie dit wat meeste opregte volgelinge dink dit is .. en ek praat uit ondervinding en vele ure se navorsing. Dit word aan julle gegee, en wat jul (asook enigeen wat hier lees) nou met die informasie doen, is vir jule eie wandel. Soos die Vader in Die Geskrifte dit duidelik maak: “… DIT is My NAAM”.
Die nasies is egter oorgerus en te gemaklik om eerder Sy naam te verruil vir titels en afgode. Die tyd van Restorasie is met ons en besig om vinnig uit te kring in hierdie sondige bestaan. Bewys dus alle dinge vir julself en behou die Waarheid! Selah!

Ellisras ·

Onskuldig tot jy skuldig bewys is. Dit is slegs die regsbeginsel. En in die oë van die reg. As ek 180 in ‘n 120 zone ry. Dan is ek skuldig. Of ek gevang word of nie. Of dit in ‘n hof bewys is of nie.

Carien ·

Aan die Vink familie: God slaap nie en geregtigheid sal seëvier. Ons dink aan julle en die gemis bly net erg. Julle is deur ‘n verskriklike tyd en nou faal die regstelsel. Kan net nie verstaan wat die nadoodse ondersoek met die hofsaak te doen het nie. Dalk is ek dom. Die video wys duidelik hoe die man Ludi in sy oog steek. So tragies

Cindy ·

Dit is so ongelooflik onregverdig. Daar is CCTV kamers bewys dat die man n moordenaar is en nou loop hy vry. Ek voel so jammer vir Ludi se familie

Dereck Le Roux ·

As Ludi Vink ‘n swartman was kon ek jou ‘n brief gee dat die staat sou deurgedruk het met die vervolging van die man se moordenaar.

Corné ·

Mense moet ophou in kroeë rondhang en suip dan sal sulke dinge nie gebeur nie !

Karolis ·

Corne, met jou stem ek saam.
Altyd die wat by die huis sit en wag, wat ly.

Het hom geken ·

Kry eers jou feite reg voor jy oordeel, Corné. Ludi het n goeie hart gehad en n goeie kop op sy skouers. Pleks van die familie te ondersteun, oordeel jy hom. Hoe weet jy hy was daar om te “suip”? Ai, nee man! ??

Logieka ·

Corné jy moet hoop jy word nie eendag so blindelings geoordeel nie. Al wat ek kan sê is wie
dink jy is jy?
Maroela kry bietjie ñ foto van die Daniel Jacobs Olivier, laat sy gesig bekend word, hy sal ñ gevangene wees selfs al is hy vry.

Corné ·

Interessant hoe mense dinge lees wat ek nie geskryf het nie. Vir ń man om ń stok in ń ander se gesig te druk moet hy of versteurd of gesuip wees. Dit is so dat waar dramk betrokke is daar altyd moeilikheid en trane is.
Ek het ook al baie maal gewonder wanneer ń persoon so kuier en vloek en baklei en al hoe groot meneer raak… en die basuin blaas…of die persoon daar in die kroeg ook opgeraap gaan word.

jdt ·

Ag watter klomp nonsens, mense moenie in kroee rond hang en suip? Regtag? Party gaan net uit om te ontspan en mense te ontmoet. Baie mense wat soet by hulle huisies sit en wag, is al daar oorompel en vermoor. Jys onsensitef oupa Corne

Corné ·

Ontmoet mense in ń kerk / ordentlike restaurant / by die werk / sportveld. Kroeë en drank is ń kombinasie vir trane.

Domvraag ·

In hierdie tyd van korrupte regerings amptenare en ook in die nasionale vervolgingsgesag, wonder mens hoekom die saak teruggetrek is. Hierdie maak dat mens nog minder vertroue in ons regstelsel het en is maar net nog n instansie wat vrot is. Wonder of die hele appel al tot by die pitte vrot is.
Laat Gerrie Nel die saak oorneem en hierdie moordenaar was al lankal in die tronk. Skande en ek sou aandring dat die staats aanklaer ondersoek word. Hoeveel keer was die saak al in die hof, video bewys, getuies van mense wat daar was. Maak nie sin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.