Man vra borgtog ná bakkie in padblokkade inploeg

‘n Foto van die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Albert Pretorius (42), die man wat verdink word dat hy onder die invloed van alkohol bestuur en twee Johannesburgse metropolisiebeamptes by ʼn padblokkade doodgery het, het Donderdag om borgtog aansoek gedoen.

Die twee beamptes, Winnie Mokgolo (35) en Sophie Ngoasheng (45), is verlede Maandagaand dood toe Pretorius na bewering met sy Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie in Witkoppenweg in ʼn groep beamptes, sowel as ʼn BMW, ʼn Hyundai en ʼn Porsche wat deur die beamptes afgetrek is, ingeploeg het. Talle mense is beseer.

Luyanda Longwe, woordvoerder van die stad se kantoor vir openbare veiligheid, het gesê Pretorius is sedert die voorval in aanhouding en het Donderdag sy borgtogaansoek in die in die Alexandra-streekhof gebring.

“Die beskuldigde se prokureur het tydens die aansoek aangevoer dat prima facie-bewyse oor sy kliënt se alkoholperk, wat byna ses keer oor die wettige perk was, nie beslissend is dat Pretorius tydens die voorval onder die invloed bestuur het nie,” het Longwe gesê.

“Ingevolge dié argument het die landdros verdere bewyse versoek en die aansoek tot môre [Vrydag] uitgestel,” het Longwe gesê.

Pretorius bly in aanhouding. Longwe het gesê die families van die oorledenes was emosioneel toe hulle die beskuldigde van aangesig tot aangesig teëgekom het.

‘n Foto van die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

PJC ·

Ek stem saam met die staat. Geen borgtog vir hierdie ou nie. Hy is ń gevaar op die pad. My afleiding is dat hy besope was en nog gejaag het ook. So iemand moet defnitief nie weer op die pad losgelaat word nie want hy gaan weer oortree met dieselfde gevolge.

Natasha ·

Ek voel vreeslik jammer vir die 2 x metro lede se familie. Maar nog steeds is drank wettig in die openbaar maar behoede jou as jy rook in die openbaar, rook het nog nooit ‘n ongeluk veroorsaak waar mense oorlede is nie!!! DRANK VEROORSAAK DRIE KWART VAN ONS PAAIE SE ONGELUKKE, verbied drank in openbare plekke!!!!!!

Cherokee ·

Natasha, dit wat jy hier sê is debatteerbaar. Ek rook nie sedert sowat 37 jaar gelede so ek steur my nie aan rookwette nie en weet dus niks daarvan nie maar jy kan seker nie in ‘n afdelingswinkel rook nie maar net so min kan jy daar drink. Of jy op ‘n sypaadjie mag rook weet ek nie maar ek dink iemand wat daar sit en drink sal vrae moet antwoord. Niemand sal ‘n roker op ‘n strand konfronteer nie (dink ek) maar ek dink nie jy mag daar drink nie. In ‘n kroeg mag gedrink en gerook word. Ek stel ander voorwaardes aan myself en dit is geen nikotien en alkohol slegs oor naweke behalwe by uitsonderlike geleenthede.

GM ·

@Natasha, rook veroorsaak dalk nie motorongelukke nie, maar dit het ‘n negatiewe effek op die roker, sowel as die nie-rokers om hul. Gaan lees bietjie op oor chronic low-grade inflammation en die effekte op die liggaam. En dan sit ouers dikwels in motors en rook terwyl hul kinders teenwoordig is. Maar vir elke ding is daar ‘n teenargument. Ons ry motors, eet McDonalds, drink Coke… Wat is deesdae veilig om te gebruik, of gesond om te eet of te drink? Nie veel nie. Daar word nie meer waarde geheg aan ‘n menselewe nie, ander word nie gerespekteer nie, daarom sal dinge nie maklik regkom in die land nie.

Pieter ·

Die persoon het n fout gemaak een waaruit ons almal kan leer maar geen rede om hom aan te val nie en dan is dit gewoonlik die wat die hardste in die kerk sing

Daan Erasmus ·

Een aand van te veel drink wat die res van sy lewe opgefoeter het. Dink mooi. Dit is dit nie werd nie.

Afrikaanse Knaap ·

Daar is geen wenners in die saak nie. Almal verloor.
Ses keer oor die limiet is ‘n bier of 4. Jy sal nogsteeds nie sommer net in motors injaag nie.
My geld is dat hy op sy foon ook was.

Domvraag ·

Geen wenners behalwe regslui ?
Ses maal oor alkoholvlak en nou betwis?
En so op tegniese punte kom oortreders vry en bou advokate n reputasie op van suksesvolle verdediging?. Dan kla ons oor die hoë misdaad.

Daan ·

Hartelose mense behalwe om wreed te wees het julle geen geen gevoel vir julle medemens nie

Oop oge ·

Watter spoed moes so n voertuig gehandhaaf het om daai klas skade te berokken ?
Net daardie forensiese bewyse alleen behoort genoeg te wees om maksimum vonnis vir die 2 se sterftes te weeg te bring.

Op 42 jarige ouderdom behoort n mens al redelik stabiel te wees in die lewe …

Geen simpatie

Lanie ·

Ek het n video in my besit wat op die toneel v d beskuldigde geneem was. Mens kan duidelik sien hy was ver oor die limiet. In vandag se tye is daar geen verskoning v bestuur onder die invloed nie.

Alida ·

Hy behoort nooit ooit weer in besit te wees van ‘n rybewys nie en verdien die swaarste straf denkbaar.

Johan ·

Ek is siek en sat vir ons wit afrikaanse mense wat altyd so agterbaks is,,,,Sluit hom toe…gooi weg die sleutel…..ensv ensv…sal sweer hulle het nog nooit iets gedrink en dan nie bestuur nie….Jy sal nerens so iets lees wa swart of bruin mense 1 van hulle eie mense so kritiseer nie.maar nee die wittes like mos van agterbaks wees geen wonder ons land is in sy glorie nie.Wit Suid Afrikaners kan nie saam staan nie en dis al oor en oor bewys.die man het n fout gemaak ..het julle nog nooit n fout gemaak nie.

Oop oge ·

Johan , ‘n fout is n fout, maar as jy 42 is behoort jy alreeds redelik bewus te wees van spoedbeperkings en die gevolge van gesuip agter die stuur….dan is dit nie meer ‘n fout nie, maar bloot ‘n kansvattery omday jy reken jy is die macky van die plekkie.
Alle rasse is skuldig hieraan en as die wittes reken hulle is so spesiaal, dan behoort hulle op ALLE tereine ‘n voorbeeld te stel om hulle “onskuld ” te bewys.
Verwaandheid is enige iemand se ondergang….

Chris Ws ·

Johan,die man het ‘n REUSE “fout” begaan.Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n spelfout wat ‘n seuntjie in graad 2 maak en DIT wat die’ man gemaak het.Hy het moord gepleeg .Hy is al 42 so lankal verby sy laerskool dae.Geen verkoning vir hom nie.As hy die oorsaak was van 2 se dood in ‘n myn het hy 25 jaar agter tralies gekry.O ja , terloops ek geniet ‘n bier en drankie ook -MAAR BY MY HUIS!Ek bestuur ook al 44 jaar.Jou redinasie hou nie water nie.Jammer.

Maggie ·

Miskien verstaan ek net ni mooi ni.Hy was ses keer OOR di wettige limiet Maar ni onder di invloed ni????

kerk ganger ·

Hi Pieter,
Waar pas die Kerk nou regtig in in hierdie voorval??? Wat die Kerk wel doen Hulle bid Baie en Wys Liefde.
Is jy dalkies verbitterd? ek verstaan nie jou Punt. Maar toemaar gaan op jou kniee en bid vir hierdie persone aangesien jy nou na die Kerk verwys. JY IS DIE KERK. ……

DAVID ·

Die man het n fout gemaak,soo skreeu almal maar almal wat n lisensie het weet dat jy nie mag drink en bestuur nie,twee beamptes wat hulle werk gedoen het is dood agv sy nalatigheid ek se maak n voorbeeld van hom.

MADELEIN ·

Ek stem, sluit toe… Net so wel kon dit my familie gewees het in ‘n ander voertuig, en hulle was noodlottig gewond… Of soos my skoonsussie, se seun wat op die ouderdom van 14 jaar, deur ‘n dronk bestuurder, (op die sypadjie) doodgery is. Drink en bestuur….NEEEEEE

Chris Ws ·

Hy is geregtig op borgtog soos enige ander mens.Hy moet uit die aard van sy oortreding net die swaarste straf in die hof opgele word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.