Man, vriendin wreed in huis vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van ʼn man en ʼn vrou, albei in hul 50’s, is in hul huis in Bethelsdorp in die Oos-Kaap gevind.

ʼn Vriend van die twee het Maandag omstreeks 16:30 op die liggame van Sonwabo Nquma (52) en sy vriendin, Nomvuyo Nelson (56), in hul huis afgekom, het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee is Saterdag die laaste keer lewend gesien. Die vriend kon hulle hierna egter nie in die hande kry nie waarna hy na hul huis in Emantshilibenistraat is.

Daar was geen antwoord toe hy aan die deur klop nie waarna hy die deur oopgeskop en die twee se liggame op die grond aangetref het.

Nquma se liggaam was gedeeltelik verbrand en sy hande en voete was vasgebind. Hy het ʼn oop wond aan sy kop gehad. Nelson se naakte liggaam is met verskeie kopwonde aangetref. Die huis is geplunder, maar dit is in dié stadium nog nie duidelik of enigiets gesteel is nie.

Volgens Janse van Rensburg is ʼn byl naby een van die liggame gevind. “Die motief vir die moorde moet nog vasgestel word en in dié stadium ondersoek die polisie twee sake van moord.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Alan Stuurman by  071 608 1642 of die Bethelsdorp-polisie by 041 404 3005 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wurmpie ·

En nou kla die ministers en andere omdat mense gereg in eie hande neem. Hierdie moorde is nou genoeg en daar moet nou iets gedoen word

Merie Perd ·

N baie bekende oud Minister, het eenkeer gese die antwoord van elke probleem le in die volgende vraag. “The question is not what can the people do for me, but what can I do for the people?” Is dit miskien die rede hoekom die meerderheid mense vir die A en Gee stem? Want die mense doen niks vir hulle self nie en verwag die regering moet als gee en doen net omdat hulle vir die A en G gestem het. Waar in jou lewe het jy op enige plek op aarde gesien dat die mense huise verniet kry of “service delivery kry al dra hulle nie n sent by tot huur of belasting nie. Die paradys, nee Suid Afrika as jou vel swart is. So sal die A en G vir ewig die regering bly. Lekker ne? Wat gebeur as die “white monopolistic capital” opdroog? Nou verwag almal beskerming van die polisie wat al so ge-indoktreneer is dat hulle partykeer nie weet wat om te doen in n krises geval nie. Viva!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.