Man vroegoggend by plaashek oorval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Man is Vrydagoggend kort voor 05:00 by die hoofhek van ʼn plaas in die Cullinan-gebied deur vyf gewapende mans oorval en aangerand.

Henri Combrink, ondervoorsitter van die plaaslike landelike veiligheidsforum, sê die man wat deeltyds op die plaas boer, was op pad werk toe, toe hy by die hek oorval is. Die slagoffer is glo in sy 60’s.

Volgens Combrink het die aanvallers hom aangerand, sy selfoon en ander persoonlike besittings geroof en met sy wit Ford-bakkie op die vlug geslaan.

Die man se vrou kon daarin slaag om op die plaaslike veiligheidsnetwerk om hulp te roep en reaksie-spanne het vinnig gereageer. “Die slagoffer het self ook die rowers in ʼn ander voertuig van hom agternagesit. Ongelukkig is die plaas naby Mamelodi geleë, so die wegkomplek was maklik en vinnig,” sê Combrink.

Teen 07:00 was die gesteelde bakkie nog nie opgespoor nie. Daar is ook nog niemand in hegtenis geneem nie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens sy inligting het die aanvallers die slagoffer aan die hek vasgemaak voordat hulle op die vlug geslaan het. Combrink kon dit egter nie bevestig nie.

Müller het ook gesê daar was na bewering ʼn vuurwapen in die bakkie wat saam met die voertuig gesteel is.

Konst. Connie Moganedi, plaaslike polisiewoordvoerder, kon teen vroeg Vrydagoggend nog nie die inligting bevestig nie. Maroela Media wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Oom Jaco ·

Hartseer… Die mense leer ook nie! Wapen in die hand en oë oop, dis al wat by ons werk…

Lucretia ·

Oom Jaco… Die is my ouma en oupa. My oupa is altyd saam sy wapen. Dis al 2 vorige kere by hom afgevat en hulle het die vorige keer my ouma geskiet met sy wapen en die amder keer my oupa se oor. Hulle weet van sy wapen en waar hy hom dra. Dis hoekom hy hom “op n ander plek” versteek het

Rose ·

Hoegaan dit met jou oupa hulle? Is jammer om te hoor.Ons lewe binne en buite ons huise in vrees.

Lucretia ·

Hi Rose. Dit gaan okay dankie. Dit het my hart gebreek toe ek hom vanoggend sien. Klink asof sy gewrig ens gebreek is. Hy sit kort kort met vlak trane. Dis hul 3rde plaasaanval…

GP ·

Lucretia. Dit is so jammer dat die dinge gebeur en veral met ou mense dit is net ondenkbaar en gebeure soos die tref baie mense baie diep. Dit voel of ons die ou mense un die steek laat.

As ek n voorstel mag maak kry die boek oorwin plaasaanvalle deur Lukas Swart by Akska. By die hek is een van die gevaarlikste plekke en die boek gee baie wenke hieroor. Wat ek dink beste sal werk is kry n hond wat mens by die hek ontmoed. As hy nie daar is nie of onrustig is ry weg.

Baie sterkte aan julle. Tough times never last but tough people always do.

GM ·

Ek voel elke keer soos ‘n opstandige tiener as ek sulke tipe berigte lees, en die kommentators sê goed soos: “Jy moes ‘n wapen in die hand gehad het”, “Waar is jou diefwering?”, “Waar is jou kamerasisteme, en honde?” ensovoorts. En ek stem saam, mens kan nie sonder die goed gaan nie. Dit maak my net so kwaad dat ons almal so moet lewe terwyl die kriminele vry rondloop. Kinders mis uit op kindwees. Hulle kan nie gou na ‘n maatjie toe oorstap of alleen buite speel nie, hulle kan nie in winkelsentrums gaan rondloop nie, fietsry is gevaarlik, hulle is nie eers veilig in hul ouerhuise nie want kriminele kan enige tyd net besluit om almal se lewens te kom omkeer. As kind kon ek kilometers vêr loop, deur groenstroke – alleen! En laataand buite speel, sonder dat my ouers nodig gehad het om my die heeltyd op te pas.

Piet ·

GM, ek stem 100% saam met jou. Ek is al so keelvol om te hoor hoe dom is jy as jy in die nag uitgaan. Ons is Boere, ons kan nie ophou werk omdat die son gesak het nie. Lucretia ek is baie dankbaar dat jou ouers lewe. Mag hulle nog lank vir jou gespaar word.

Francois ·

GM ek is bly jy het dit geskryf !
Jy moet dit elke keer skryf.
Kan jy glo, hier is nog steeds mense wat dink SA is n fantastiese land en hulle weier om die realiteit te erken. Hulle weier om te erken dat die misdaad n geweldige effek op kinders het.
Hier is nog steeds mense wat jou blameer as jy aangeval word ?
Hoe kan mense so wees ?

Lucretia ·

Mense kyk asb uit vir die Wit 2.6 Ford Ranger. Reg nr – FB22ZXGP.

Daai bakkie is al manier hoe my oupa by sy werk ens kan kom. Hys verskriklik ontsteld. Hulle het 3 keer op hom geskiet en mense hy lyk sleg aangerand. Asb help ons soek!!!

GP ·

Baie jammer dat die gebeur het.

Ek is een van die persone wat gereeld noem versterk sekuriteit ens, goed dat julle bogenoemde noem. Ek, en moontlik ander wat dieselfde sort kommentaar lewer, se doel is glad nie om die slagoffers aan te vat of sleg te se nie. Ek hoop dat deur die kommentaar iemand dit dalk sal lees en dink aan hule eie situasies, kan hulle dalk iets verander. Soos dit vir julle onaangenaam is om te lees dat mense meer paraat moet wees, is dit vir my onaangenaam om te lees mense het deur die venster geklim tot by die bed geloop en die persoon skade gemaak het, Hierdie is sake wat ons almal baie ontstel en ek sal graag wil he mense moet dinge in plek kry om dit moeiliker te maak. Dis ons mense wat hieronder lei.

Is dit regverdig, beslis nie, maar dis die wereld waarin ons leef en ons moet oorleef in die tyd.

Maljan ·

Weet jy wat kis daardie sekuriteits gied! Met al hoe meer wit mense wat werkloos raak, kan min dit bekostig.

GP ·

Maljan, Doodskiste kos ook geld, so ook verlies aan broodwinner of ondergang van ‘n plaas, emosionele hulp vir die wie agter bly. Was is die koste van emosionele skade wat nooit weg gaan nie.

Goeie diefwering kos nie soveel nie en ‘n gekoppelde alarm kos ongeveer die helfde per maand wat DSTV kos. Is veiligheid werklik so min werd?

Alida ·

Oom Jaco bestuur jy n voertuig met n vuurwapen in jou een hand? Asb se my sal graag wil weet.

GP ·

Aan die een kant wil mens die boere help. Teken petisies vir Amerika neem deel aan optogte probeer raad gee. Versprei boodskappe oorsee ens.

Aan die ander kant kry mens die idee boere se los ons net uit ons sal self regkom. Elkeen moet seker maar vir homself besluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.