Man, vrou, baba sterf in NW-botsing

Een van die motors se wrakke. Foto: ER24

Een van die motors se wrakke. Foto: ER24

Twee volwassenes en ʼn baba is Saterdag in ʼn botsing op die N4 in Noordwes dood en talle is beseer.

Volgens Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het twee motors klaarblyklik reg van voor naby Rustenburg gebots.

“Die bestuurder van een van die motors en ʼn vrou wat op die agtersitplek was, is in die botsing dood. Die bestuurder se liggaam was in die wrak vasgekeer en moes uitgesny word,” het Bodasing Harduth gesê.

“Die bestuurder van die ander voertuig was ook in die wrak vasgekeer en is in ʼn kritieke toestand aangetref. Die babatjie was vermoedelik in dié voertuig en is tydens die impak uit die motor geslinger. Die baba se liggaam is in die pad aangetref.”

Die kritiek beseerde man en vier ander pasiënte uit albei voertuie is deur paramedici van verskeie nooddienste op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die oorsaak van die botsing is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Buitestander ·

99,9% is dit die bestuurder van die motor se skuld dat voertuie in ‘n trompop bodsing beland.
Spoed en ongeduld van die bestuurders speel ‘n baie belangriker rol. Dit wys weer opleiding & sielkundige benaderings werk nie reg uit.

Spoed ·

Jy is ‘dood’reg met jou bewering. Daar is ook bepaal dat sowat 60% nie gereeld veiligheidsgordels gebruik en nog meer skokkend: Minder as 7% van babas word vasgegespe in babastoeltjies, seker omdat dit té omslagtig is.
Spoed? Skynbaar is een voertuig oor die middeleiland van die dubbelweg.
As ons maar net GEDULDIG WIL BESTUUR.

aj ·

Die mense ry woes op daai pad plus inwoners en diere wat pad kruis. Spitkops net daar vir hulle eie gewin

M ·

Die mense weet presies waat staan die spoed kameras, die verkeersdepartement staan elke dag op dieselfde plek vir die afgelope 3 jaar al. Die mense is gewoond daaraan en weet presies waar om spoed te verminder.

Manie ·

n Botsing kop aan kop beteken iemand het heelwaarskynlik n groot foutjie gemaak. Daar is geen respek vir verkeerswette en ek dink daar is geweldige korrupsie by die verkeerspolisie. Dit lyk vir my die bestuurders is so arrogant hulle dink die voertuie wat hulle bestuur is speelgoed karretjies. n voertuig in n wettelose bestuurder se beheer is n ongeluk met tragiese gevolge wat wag om te gebeur. Ek het gedink na DA beheer in Pretoria sal dit beter word maar ek dink die toestand versleg daagliks.

Linda ·

Ek sien daagliks voertuie met klein kindertjies in wat nie in karstoeltjies is nie. Die baba sit tien teen een op die ma se skoot, sommer voor in die kar. Dit is absoluut belaglik dat ‘n ouer so onverantwoordelik en roekeloos kan optree. Ek kan nie verstaan hoe mens jou kind se lewe so kan in gevaar stel nie. Moet liefde nie die moeite van ‘n karstoeltjie oortref nie??

Blom ·

Stem 100% saam met Linda. Dit is GEEN moeite om jou kind/baba in ‘n karstoeltjie vas te gespe nie! Ek ys elke dag as ek sien hoe mense jaag met “los” kinders in die kar…dan is dit gewoonklik die duurste karre…maar geen stoeltjie in sig nie!?? Kan dit glad nie verstaan nie!

Maria ·

Ja. Spoed vererger beserings maar veroorsaak nie ongelukke nie. Dit is grotendeels toe te skryf aan MENSLIKE FOUTE EN ONBEVOEGDHEID EN TADA… DRANK

Nee nee ·

Nee ek verskil spoed kan ongelukke veroorsaak, te stadige spoed. Daar is 2 hoof oorsake, die 1 wat liefs nie moet bestuur, hul ry 60 – 80 in n 120km sone, trokke, ek weet trokke mag net 80km per uur ry, MOET DAN IN HEMELSNAAM NIE NABY aanmekaar ry nie, sekere delekan mens net 1 trok per slag verbygaan – NIE 4 TROKKE GELYK nie, lag lekker vir daai bestuurders wat regtig sukkel, die wiel draai egter……..

dom bestuurders ·

Vandag weer op paaie tussen Calitzdorp en George gesien hu di idiote bestuur. Gaan by dubbelstrepe verby en ek glo hul weet nie eers dis teen die padreels nie. Sies jul dom bestuurders. Arrogant

Charlotte ·

My kinders opgegroei in tyd toe karstoeltjies nie verpligtend was ni! Hulle het altyd op my skoot gesit as ons gereis het! Jyt bitter min van sulke gru ongelukke gehoor!! Punt is… deesdae ken bestuurders nie padreels nie en almal jaag waar hu wil wees!! Geen respek vir ander padgrbruikers nie!!

CommentQueen ·

Het in daardie wêreld grootgeword.
Elke dag die Rustenburg/Brits pad gery –
“Pad Van Die Dood”
Baie van ons vriende en kennisse se lewens geeis.
Jammer aan die familie vd mense

Geduld ·

Ek is verby daardie kar net voor die ongeluk gebeur het. Hy het almal overtake ongeag of daar voertuie van voor af gekom het. Mense sterf daagliks op daardie snelweg weens ongeduld en spoed.

Annie ·

Spoed – ons het die naweek daar gery oppad Zeerust toe,en dieselfde pad terug – hulle gaan by die kar verby en daar is aankomende verkeer – dit het hele paar keer gebeur – is nogal skrikwekkend om dit te aanskou. Geen polisie of metro in sig op daai paaie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.