Man, vrou dood in motor gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggame van ʼn man en ʼn vrou is in ʼn motor in Polokwane, Limpopo, gevind.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord word ondersoek en dat ʼn geregtelike doodsondersoek ook begin is. Volgens Otto het die voorval Woensdag kort ná 15:00 plaasgevind.

Otto het gesê die liggame is reeds van die toneel verwyder. “’n Pistool is op die toneel gevind waarop beslag gelê is. Die 37-jarige man het glo die 24-jarige vrou doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.”

Volgens Otto is die verwantskap tussen die oorledenes nog nie bekend nie. Die oorledenes se identiteite is nog nie bekend nie aangesien al hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Hoe is die identiteit van die persone nie bekend nie. Hoe weet hulle al hul nasbestandes is nie in kennis gestel nie.
Hoekom vra hulle dan nie hulp van die mense om hulle nie te help nie.

Se maar net ·

DPJ as jy weer lees, sal jy sien dat daar gese word die identiteit van die oorledenes is nie bekend nie OMDAT hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Net omdat dit nie bekend is aan die media nie, beteken nie dis nie bekend aan die polisie nie

Liewe Heksie ·

n saak van moord word ondersoek Wie gaan aangekla word van moord Oeps die skuldige is dood

Se maar net ·

Daar word met elke “onnatuurlike” dood ‘n ondersoek gedoen. Jy sal let dat met kar ongelukke word ‘n saak van manslag ondersoek. Daar word altyd gemeld dat ‘n “geregtelike ondersoek” gedoen word. Niemand sal dan gevonnis word nie – uit die aard van die saak, maar iemand moet verantwoordelik wees vir die dood. Onthou – dinge is nie altyd soos dit voorkom nie en die toneel kon “gestage” gewees het, juis daarom moet ‘n ondersoek gedoen word ( en ek se geensins dis wat in hierdie geval gebeur het nie )

Stormer ·

Wie gaan aangekla word vir moord? As die persoon sy eie lewe neem deur gif te drink en hy sterf gaan hy ook seker aangekla word? Pateties man!

tamboti ·

Wanneer iemand dood is weens onnatuurlike oorsake, m.a.w. nie siekte nie, word daar altyd ‘n geregtelike doodsondersoek begin. Soos bv. met motorbotsings, en ander ongelukke en ja selfs selfmoord. Dit moet steeds ondersoek word of dit werklik selfmoord was.
Wanneer enige geweld of vuurwapens betrokke is, moet ‘n moordsaak geopen word, vroeer jare was die moordsaak nie dadelik ge-open indien dit duidelik selfverdediging was, maar die staatsaanklaer het wel besluit na gelang van die geregtelike doodsondersoek of daar wel ‘n moordsaak ge-open moet word.
Daar is natuurlik baie implikasies wanneer ‘n persoon ‘n ander mens vermoor en dan selfmoord pleeg, bv. versekering sake en boedel/erfenis aangeleenthede. En natuurlik moet bepaal word wie was skuldig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.