Man, vrou en baba sterf in ongeluk

Die vragmotor se wrak. Foto: ER24

Die vragmotor se wrak. Foto: ER24

ʼn Man, ’n vrou en ʼn baba is Donderdag in ʼn ongeluk naby Barberton in Mpumalanga dood.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die oorledenes het in ʼn vragmotor op die R40 gery toe die vragmotor die pad verlaat en by ʼn steilte afgerol het.

“Die vragmotor het verskeie kere gerol en aan die brand geslaan,” het Bodasing gesê.

Working on Fire en paramedici van ER24 is na die toneel ontbied.

Die vrou, in haar 20’s, is tydens die ongeluk uit die vragmotor geslinger. Haar liggaam is etlike meters ver van die vragmotor af aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.

“Die man en die baba se liggame is tussen die puin van die wrak gevind. Hulle het erge brandwonde opgedoen en is ook op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gesiggie ·

Ag nee tog…. my vraag? die voertuig het die pad verlaat en toe teen die steiltes afgerol …? wie gaan kan weet wat hier gebeur het”’ was daar nie dalk n ander kar betrokke ? was daar n oog getuie ? Of …. wie sal weet wat gebeur het? Of het die bestuurder beheer verloor ? Sal eers moet ondersoek instel ?? Jammer vir die Familie van die mense wat moes sterf. Hoop jul kan n antwoord kry ? Dit is Tragies…. veral omdat daar n Baba ook was…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.