Drie mense, ʼn man, vrou en ʼn baba, is Maandag dood toe ʼn voertuig en ʼn vragmotor vermoedelik gebots het.
Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare911, het gesê die voorval het teen 14:17 op die Molotoweg in De Wagensdrift in Cullinan in Pretoria plaasgevind toe die bestuurder van die voertuig na bewering beheer verloor het en met ʼn vragmotor gebots het.
Volgens Magoro was daar reeds ander nooddienste op die toneel toe hul paramedici by die toneel opdaag.
“Paramedici het een man, een vrou en een baba op die toneel behandel. Die mense het veelvuldige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Magoro gesê.
Die bestuurder van die vragmotor is ook ondersoek, maar hy het nie beserings opgedoen nie.
Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die voorval.
simpatie, nog slagoffers op die pad van die dood, dit hou maar nie op nie
“Die bestuurder van die motor het beheer verloor.” Hierdie rede vir motorbotsings kom al hoe meer voor. Óf die bestuurder ry te vinnig, óf hy kan nie die voertuig behoorlik hanteer nie. Dit is onrusbarend hoeveel tromp-op botsings deesdae plaasvind
Of die bestuurder was besig op sy selfoon.
@Ag tog ….. of ‘n band het gebars of ‘n ander voertuig (wat weggery het na die ongeluk) het in die aankomende baan inbeweeg of die vragmotor het oor die middellyn gery of ‘n dier het voor die voertuig ingehardloop en die bestuurder van die voertuig wat met die vragmotor gebots het, moes uitswaai … of … of … of ….
Daar is baie oorsake vir voertuigongelukke en dit is níé altyd die afgestorwenes, wie nie vir hulself kan praat nie, se skuld nie. Het respek vir die afgestorwenes, asseblief!
As jy weet hoe woes ry die mense op die Moloto pad, sal jy verbaas wees daar is nie meer ongelukke nie: spoed, verby steek by soliede lyn, verby steek in die noodlaan…
Moet dit nie lees….Paramedici het ‘n man, ‘n vrou en ‘n baba op die toneel …….in plaas van een man, een vrou en een baba nie?
Volgens die berig is dit ‘n aanhaling van Tebogo Magoro, die woordvoerder van Netcare 911.
Mense koop bande langs die pad. ‘n Staal gordel band kan net een rigting loop. Hulle weet nie in watter rigting die band geloop het nie, en die band kan bars as hy in teenoor gestelde rigting loop. Dit is maar een van die oorsake van ongelukke, bande wat bars dan verloor hulle beheer oor die voertuig.
Koos de Meyer, ek glo nie so nie. Tensy dit ‘n “een-rigting vervaardigde” (Directional) band is, kan hy albei kante toe roteer. Maar ja, mense doen snaakse dinge, en dit lei tot ongelukke.
Vermoedelik gebots……. well now….. vir my lyk dit of hulle definitief gebots het… dit is nie asof daar ander buite die situasie betrokke was by die ongeluk sodat hulle vermoedelik teen iets anders gebots het nie.
En Cullinan is nie in Pta nie dis ook nie eers ‘n voorstad van Pta nie.