Man, vrou en peuter dood aangetref

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Limpopo ondersoek die raaiselagtige omstandighede waarin ʼn man, vrou en 19 maande oue dogtertjie Donderdag in die vroeë oggendure gesterf het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het in die Ga-Maphalle-nedersetting in die Bolobedu-polisiëringsgebied gebeur. Volgens Ngoepe het ʼn lid van die gemeenskap op die drie oorledenes se liggame in hul huis afgekom en die polisie ontbied.

“ʼn 38-jarige vrou het in ʼn plas bloed gelê met veelvuldige steekwonde aan haar lyf. Die liggame van ʼn 57-jarige man en ʼn dogtertjie van 19 maande oud het langs die vrou gelê. ʼn Onbekende middel het by hul monde uitgekom.”

Die oorledenes is later geïdentifiseer as Mapula Adelaide Lehlogonolo Maphalle en haar dogtertjie, Mosibudi Sabetha Maphalle. Die man, Moleke Livy Mohlaloganye, is ʼn onderwyser by ʼn plaaslike skool.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en sake van moord word ondersoek. “Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie,” het Ngoepe gesê.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê daar moet ʼn einde gebring word aan moord en aanvalle wat met huishoudelike geweld verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SA Moordmuseum ·

Al hierdie gruweldade onder toesig van die huidige regering moet aan die wereld gewys word in fotos en dokumentere programme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.