Man, vrou in huis se oprit geskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mense is in ʼn kritieke toestand na ʼn skietvoorval Sondagaand in die oprit van ʼn huis in Johannesburg.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn huis op die hoek van Florida- en Kretzschmarstraat in Westbury plaasgevind. Volgens berigte is ʼn 29-jarige vrou en ʼn man, glo in sy 40’s, omstreeks 19:30 in die oprit van hul woning geskiet.

“Die vrou is net een keer geskiet, terwyl die man verskeie kere geskiet is. Paramedici van Netcare 911 en ander ambulansdienste het die paartjie op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.”

Volgens Mathe word die presiese omstandighede van die voorval deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gesiggie ·

Wat was hul bedoeling? hoekom net skiet”’ hierdie is n geval van wraak…. wou die vrou net skrik maak, maar wou die man skiet om dood te skiet” geen inbraak”’ Hoop dat die 2 mense gou sal herstel, en dat die oorsaak van die net skiet”’ gou opgelos sal word…

Willie ·

Nietemin, die land is n moord behepte land… wellus vir moord… vry moor, wraak moord, gesins moors, plaas moord…noem dit, mord moord moord….

Irene ·

Ja hulle moor nou obs wit mense net soos hulle wil loop men pistole rond soos hulle wil en ons mag dit skaars gebruik nou wie sit agter alles dink net mooi

neelsie ·

Al die anargie ,moord ,misdaad en bedrog is die taal en gedrag van die Bose.
Dit word gedryf deur n gees van donker magte.

Takkie Takuuza ·

Klink soos bende-bedrywighede as mens nou moet bespiegel.

Ansie Koning ·

Ja ek stem saam met Willie alles gaan net om ons Christene se moraal af te breek maar die Here sal agter sy kinders kyk en die Bose sal uitgeroei word

Dawid ·

Sarie: Hulle sal jou doodstraf gee as hulle jou angekla en beskildig bevind het vir rassisme. Net omdat jy gese het jy is wit. Alles is gebreek.

Gesie ·

Almal wat so uitvaar! Maak seker julle veroorsaak nie weer ‘n “rassistiese” verwysing nie. Westbury is ‘n kleurling-gebied. Ek voel nogtans jammer vir die mense wat seergekry het.

Kiepie ·

Maroela, ek het nie regtig gedink dat julle my vorige kommentaar sou plaas nie. Heeltemal te persoonlik teenoor sommige gebruikers. Ek staan egter by my mening dat van die kommentare hierbo regtig sinnelose veralgemenings en bespiegelinge bevat wat niks bydra tot sinvolle debatvoering nie

Anoniem ·

Elke dag gaan slaap jy, jy word wakker in Suid Afrika en hoop en bid jou hele familie is veilig. Ek sit nou hier by my werk en dink aan my kleinkinders. Watter toekoms het hul in Suid Afrika? Hoeveel onskuldige kinders word vermoor, verkrag..My oe skiet vol trane. Dit kan enige dag met enige een van ons gebeur. Ek is daar wat ek my kinders wil vra..asb moet nie weer swanger word nie. My hart sal so iets nie hanteer….Mense se jy moet bid…Maar selfs die wat elke dag bid se kinders se ouers word vermoor, verkrag….God wat moet ons maak om die te stop. Wees met elkeen van ons, ons kinders, ons kleinkinders, ons skoonseuns, ons dogters, ons oures, oumas en oupas, ooms en tannies, niggies en nefies, elke mens op aarde maak nie saak wat is sy vel kleur. Ek dra ons beskerming aan U op. Hou ons veilig. Verlig ons van die bose. Hou ons veilig waar ons ookal mag heengaan. Gee dat al die kwade sal verdwyn uit Suid-Afrika..Straf die, maak hul blind, maak hul stom, verlam hul die wat kwaad wil doen, dit wat nie van U is nie. Heer ek los ons veiligheid in U hande..Dankie Heer vir dit wat U alreeds gedoen het en vir dit wat U nog gaan doen…Ek het U baie lief, ek Bemin U…U is my alles…..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.