Man, vrou in Krugersdorp geskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man is dood en ʼn vrou, met wie hy vermoedelik getroud was, is gewond in ʼn skietvoorval Donderdagoggend by ʼn huis in Krugersdorp in Gauteng.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 08:00 by ʼn huis in Fosterstraat plaasgevind.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die vrou was in ʼn kritieke toestand en is gestabiliseer voor sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie is nog op die toneel en sal later kommentaar lewer as meer inligting beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Ons lewe maar in ‘n woeste samelewing. Al oplosing is dat ons almal sal terug draai na God drie-enig. God is die God wat nooit sluimer of slaap nie.

Theresa B ·

Ek stem saam met DPJ. Maar nogsteeds sien die mense dit nie raak nie.

KarenG ·

Dit was selfmoord vir een persoon, nie noodwendig vir die andet persoon nie….

KarenG ·

Dit was selfmoord vir een persoon, nie noodwendig vir die ander persoon nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.