Man, vrou oorleef traumatiese kaping

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man en vrou wie se name nie verstrek is nie, het die naweek ʼn noue ontkoming gehad toe hul motor eers gekaap is en hulle later in ʼn ongeluk betrokke was.

Die twee is tydens ʼn kaping in die kattebak van hul motor geprop voordat die kapers met hulle weggejaag het en toe die motor gerol het.

Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn buurman het gesien hoe twee mans die twee mense Sondag in die vroeë oggendure in die kattebak van hul nuwe VW Golf 7 inforseer terwyl hulle besig was om die voertuig te parkeer. Die voorval het in Thabane naby Rustenburg plaasgevind.

Volgens Setlhako het die buurman die polisie onmiddellik gebel. “Die hoofwegpolisie is in kennis gestel en het al die groot paaie in die omgewing gesluit,” het Setlhako gesê.

Die voertuig is op die N4 gewaar en die polisie het dit agternagesit. Die verdagtes het beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol het.

“Die twee het ligte beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.” Setlhako het gesê die verdagtes, wat vermoedelik van Soshanguve naby Pretoria kom, is nie in die voorval beseer nie en is in hegtenis geneem.

Die verdagtes, onderskeidelik 29 en 43 jaar oud, sal na verwagting vandag in die Bafokeng-landdroshof verskyn op aanklagte van kaping, ontvoering en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

Nie net ontvoering maar ook poging tot moord – daai mense was agter in die kattebak en die klomp gemors het dit gewwet en nogsteeds so reokeloos gery – POGING TOT MOORD MOET OOK BYGEVOEG WORD BY HULLE KLAGTES EN GEEN BORG.

Ouma ·

Scrap was nog nooit mense nie!! Bring groot asseblief die doodstraf terug!!!

Wow wat 'n Buurman ·

Wow wat ‘n Buurman, wens mens kon jou op die hande dra en vir die wêreld wys van betrokkenheid red lewens. Die res wat sê, Poging tot moord, ek skree sommer saam julle ook!!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons is gekaap, ons het pistole teen ons koppe gehad maar behalwe vir blou kolle is ons nie beseer nie. Ons is ook nie in ‘n kattebak geprop nie, maar wat ‘n nagmerrie! Dis iets wat jy nie vergeet as jy skielik miskien alleen afkom op ‘n siel wat lyk soos die wat jou gekaap het en ‘n pistool teen jou kop gedruk het nie. Ek weet hoe lyk daai satansoe agter ‘n pistool.!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.