Man, vrou op Limpopo-plaas geskiet

Sonsondergang_windpomp_ReintDykema.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man en ʼn vrou is Dinsdagaand geskiet nadat drie gewapende mans op ʼn plaas in die Gravelotte-omgewing in Limpopo toegeslaan het.

Willie Smit, voorsitter van die Ofcolaco-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gesê die voorval het omstreeks 20:00 gebeur. Die aanvallers het twee werkers by ʼn huis op die plaas vermoedelik op kort afstand in die kop geskiet en hulle beroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Smit het gesê ʼn laekaliber-vuurwapen is gebruik en die slagoffers het gevolglik die aanval oorleef. Hulle is albei na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Boere in die gebied het paaie afgesper in ʼn poging om die aanvallers op te spoor, maar hulle kon nie vasgetrek word nie.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief en bedryfsbestuurder van Canine Security, het die voorval bevestig.

Smit het gesê daar word vermoed dit is dieselfde drie aanvallers wat ʼn paar uur voor dié plaasaanval ook op ʼn ander plaas werkers beroof het. Volgens Smit is werkers vroeër die aand op ʼn ander plaas, ongeveer 3 km weg, by hul huise deur drie gewapende mans van kontant en selfone beroof. Smit het gesê die werkers is aangerand, maar geen skote is afgevuur nie.

Die slagoffers van die eerste voorval en die tweede voorval het soortgelyke beskrywings van hul aanvallers gegee en die spore op die twee tonele het ooreengestem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het albei voorvalle bevestig en gesê twee sake van roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ella ·

My hart bloei vir Suid-Afrika. Dit gaan nooit ophou want die regering dink nie daar is n groot probleem. Wanneer gaan hulle standpunt inneem en se Nee dis genoeg. Nou moet dit stop.

Willie ·

Ek stem saam wanneer stop die… Waneer staan ons almal op en se genoeg is genoeg… Hoe loods ons gereelde boodskappe oral die wereld in?

snoefie ·

dis plaasverwant. daarom is min mbalula nie geskok of skaam dat sulke misdade op sy watch gepleeg word nie

emo ·

hoekom nuus raporteer 2 op plaas geskiet as dit werker is maar wanneer boer geskiet word is dit n plaas aanval wonder maar net

Lance ·

Sal padblokkades laat aand in die streek van Limpopo en Noordwes nie help nie,in die ou bedeling was dit baie suksesvol.Die weermag,polisie en honde.

Boet Fasie ·

Plaas beveiliging is verbode, al wanneer die sekerev polisie op die plase kom is wanneer hulle snags ‘n slagdingetjie onwettig gaan laai en hom sommer by die huis gaan drop.

BANG JAN SE VROU ·

Doodmaak of nie doodmaak nie, verkragting, en moord is aangebore vir sommige wat ‘n ekstra geen het, en nie soos my naaste lyk nie. Aanvaar dit en bly weg uit hul pad.

Johannes Meintjes ·

Meegevoel. Soos afkop-hoendertjies maal ons om en om, kla, kerm en hyg (en bloei dood) … maar kom nie tot oplossing vir burgerlike beveiliging op ons plase en plotte nie. Selfs my eie beskeie pogings ter bemoediging van ‘n nasionale strategiese dinkskrum om persoonlike beveiliging, plot en plaas beveiliging, tydige waarskuwing en effektiewe alarm-maak met gepaardgaande optrede, maar ook landswye buurtwag samewerking en kundige kruisbestuiwing tel steeds agendatjies, gebrek aan openhartige samesprekings en verskonings teen samewerking op, ten koste van die landsburgers oor wie se veiligheid dit dan nou kwansuis so besorgd in politieke, burgerregte en sekerheidskringe gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.