Man, vrou saam ontvoer

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Maake buite Tzaneen in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na twee slagoffers wat Donderdagaand ontvoer is asook die verdagtes wat betrokke was by die voorval.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Johannes Mathipa (68), wat saam met ʼn onbekende vrou in ʼn Toyota Hilux-bakkie met die registrasienommer CL 41 DD GP gereis het, is naby die Bismark-nedersetting naby Lenyenye buite Tzaneen deur onbekende verdagtes ontvoer.

Mathipa se gesin het bekommerd begin raak toe hul agtergekom het Mathipa kom nie huis toe nie en het hom begin bel. “Hy het nie geantwoord nie en hulle het die polisie in kennis gestel en die soektog is van stapel gestuur,” het Ngoepe gesê.

Mathipa se bakkie is later verlate langs ʼn pad aangetref. “Dit is duidelik dat daar aan die bakkie gepeuter is.”

Volgens Ngoepe is daar vrouekledingstukke, ʼn paar swart tekkies en een van Mathipa se skoene op die passasiersitplek aangetref.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting wat tot die opsporing van die verdagtes of die slagoffers kan lei, word versoek om lt.kol. Cecil Machimani by 082 451 7181 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andrea ·

Wat is dit deesdae met die ontvoerings? Manier om op daaglikse basis daaglikse limiet uit bankrekenings te trek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.