Man, vrou sterf in botsing

ER24-ambulans Foto: ER24

ER24-ambulans Foto: ER24

ʼn Man en ʼn vrou is Saterdag dood in ʼn botsing tussen ʼn motorfiets en ʼn voertuig in Vereeniging.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel in Langerandweg het die motorfiets en motor langs mekaar gestaan.

Die bestuurder van die motor, ʼn vrou, was in die wrak vasgekeer. Sy is op die toneel dood verklaar voor haar liggaam met meganiese toerusting uit die wrak verwyder is.

Die motorfietsryer is ook op die toneel dood verklaar. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Neptunus ·

Arme vrou in die kar. Langrandweg is volgens Streetview ‘n lang stuk pad waarop vinnig gejaag kan word, en die bane is geskei deur verkeerseilande/stormwaterslote. Kan maar net dink wat gebeur het… Waar is Mad Max as jy hom nodig het?

Peet Schabort ·

Neptunus, weet jy dat ek reken ons dink hier dieselfde . . .

Neptunus ·

Peet, jy bly mos in die Vuildriehoek as ek reg onthou? In jou kommentaar oor die hek wat op die kind geval het, het jy iets oor Vuilbylpark gesê nie waar nie? Het jy al in Langrandweg gery?

Peet Schabort ·

Dan ook is dit “Langrandweg” en nie “Langerandweg” soos in die berig.
Neptunus het dit ook so. Snaaks jy het nie die fout raakgesien?

Peet Schabort ·

Nee Neptunus, ek het nie Vuilbylpark gebruik maar dit maak nogal sin om in die toekoms te gebruik. Ek het ook nou op Google gaan kyk waar die straat is. Daar is ‘n reguit stuk geteerde pad van so 5,6 km (sluit Jimmy Sinclair-weg in) met, lyk my, darem twee stoptekens vir wat dit werd is. ‘n Gedeelte van hierdie 5,6 km-pad is ‘n enkelpad (tweerigting) met ‘n klein stukkie dubbelpad van darem so 2,7 km. Mens mag seker maar wonder en volgende week se Vaalweekblad behoort iets in te hê.

Neptunus ·

Het dit mos raakgesien en reg geskryf. Al die jare het ek egter gedink dis Langerandweg. Ek het baie jare daarlangs fiets getrap skool toe. Wonder wie het die motorfiets staan gemaak na die ongeluk, vreemd dat iemand dit verskuif het voor die dienders op die toneel was.

Peet Schabort ·

“Langerandweg” staan so aangeteken in die berig. Hierdie gepeuter aan ‘n ongelukstoneel het ook gebeur waar die hek op klein Chené geval het en weer in posisie geplaas is na die ongeluk. ‘n Paar jaar gelede het ‘n motorfiets in Generaal Hertzog-weg, Drie Riviere, ook ‘n man in sy motor doodgery. Daar het die fiets binne-in die motor tot stilstand gekom. ‘n Soortgelyke ongeluk het jare gelede ook in Secunda plaasgevind waar die passasier ernstig beseer is. Só ernstig dat . . . die res is té hartseer om hier te herhaal.
Dalk lees ons meer in Vaalweekblad van hierdie Langrand-ongeluk.

Retha Fitchat ·

Ons Vaalweekblad-fotograwe was ongelukkig te laat om foto’s op die Langrand-toneel te neem, As iemand dalk foto’s geneem het en bereid is om dit met ons te deel, e-pos dit asseblief na [email protected]

Armando Pellencin ·

Vroue in motors wat selfoonboodskappe lees of stuur en stopstrate ignoreer veroorsaak ook ongelukke, nie net jong manne op motoerfietse nie. moenie oordeel voor jy weet war aangaan nie, nie eers deur suggestie nie.

Peet Schabort ·

Nee Armando, ons oordeel nie maar wonder maar net. Dis darem kwaai sake as, volgens die berig, “die vrou se liggaam met meganiese toerusting uit die WRAK verwyder ” moet word. LET WEL: “WRAK”. Volgens die HAT beteken wrak die “reste van ‘n verongelukte motor”.
Reste=oorblyfsels of oorskiet. Kan ‘n motorfiets dit aan ‘n kar (selfs ‘n kleintjie) doen?
Waar ek wel met jou saamstem is die stopstraat- of selfoonstorie maar op ‘n motorfiets kom jy nie tweede maar HEEL LAASTE. Ook ek het vroeër jare van die tweewielgoed gery. Leer maar om vir die ander ‘dom’ bestuurder te dink want jy het nie ‘n keuse.
Nogtans, die wrak hinder ‘n bietjie . . .

Armando Pellencin ·

Ek lees die woorde wat jy en Neptnus skryf, Peet, maar ek sien nie die punt wat julle kwansuis wil maak nie. Ek self behoort aan ‘n motorfietsklub en die amper-ongelukke wat deur sulke meisies wat hare kam en lipstiffie aanwend en met hulle selfone peuter terwyl hulle aandag op die verkeer, insluitend motorfietse, behoort te wees, is skokkend, vreesaanjaend en ‘n vingerwysing. Ons mag ook op die paaie ry!
Armando.

Peet Schabort ·

Dit is nou presies die punt wat ons probeer tuisbring: Wees versigtig, skuldig of onskuldig, jy staan ‘n geringe kans om te oorleef.
Jy dwing my om te vertel hoe ek ‘n st.9-seun met ‘n motorfiets onder ‘n bus moes gaan uithaal nadat die bus van agter af hom platgery het. Hy wou regs draai by ‘n plaashek terwyl ‘n kar van vooraf aangekom het en die busbestuurder, wat teenaan hom gery het, het dit nie verwag alhoewel hy (die seun) gewys het hy gaan draai. Hy moes egter wag dat die aankomende kar eers verbygaan. Gaan kruip onder ‘n bus se voorkant in en meet die ashoogte van die grond af. Dit is ongeveer 30cm, m.a.w. die lengte van ‘n liniaal. Hy EN sy motorfiets is DEUR daardie opening. Die bus het langs die pad tot stilstand gekom met hom onder die bus en die fiets eenkant wat lyk soos yster wat op ‘n ashoop weggegooi is. Diesel van die gebreekte pype van die bus het oor die seun gestroom. Hy het in my arms gesterf waarna ek my arms en hande in ‘n nabygeleë spruit moes gaan was het want sy lyf was stukkend. Ek het agter die bus gery en alles aanskou. Daarna die boodskap aan sy ma dat hy nie alleen was in sy laaste oomblikke en nie ‘n lyding gehad het.
EK VERTROU DAT DIE PUNT WAT ONS WIL MAAK NIE NET OP HIERDIE ONGELUK VAN TOEPASSING GEMAAK MOET WORD MAAR BESKOU MOET WORD AS ‘N TEREGWYSING VIR DIEGENE WAT NIE VERSIGTIG GENOEG IS. DIT GELD OOK VIR ANDER VOERTUIE.
—————————————————————————————————–
Vir my is ook die middelvinger gewys deur ‘n baaiker waar ek té stadig by ‘n ander voertuig verbygaan en hom blokkeer in sy vaart. Op die N4 naby Middelburg was ons twee voertuie in die linkerbaan en twee in die regterbaan teen so 120km/h toe ta tussen ons deur is met ‘n helse spoed. Ek wat die agterste voertuig was in die regterbaan en na 55jr geleer het om in my truspieël ook te kyk het hom net gesien gaan maar nie gesien kom. Daar is nog talle sulke gevalle.
Julle moet ook, soos jy wel gemeld het, besef dat die motorvoertuigbestuurders vir ‘n baaiker vere voel. Die enigste een wat vir julle omgee is dié wat self sulke goed ry of gery het.

Neptunus ·

“If I sell a powerful motorcycle to an impulsive young man, experience and the actuarial tables tell me that there is not only a possibility, but a distinct probability that sooner or later he will be involved in a crash. As a reasonable man I can foresee harm to him and to others. Responsibility for his accidents will be his own, however, not mine. Apart from such considerations as the actus interveniens of the purchaser and the remoteness of damages, I cannot be held liable, for I am not my brother’s keeper.”

– Appèlregter Van den Heever in die saak van Herschel v Mrupe , 1954 3 SA 464 (A)

I rest my case.

Can you hear the drums, Armando?

MariskaP ·

Maak nie saak wie se skuld dit is nie, dis baie tragies. 2 Lewens is weg. En daai beelde speel nogsteeds voor my af, ek was daar het reg voor my gebeur. Ja Langrandweg is n jaag sone, nie net vir motorfietse nie maar ook vir motors. Daai kruising veral is gevaarlik!! So moenie net aannamens maak nie kry die feite.

Peet Schabort ·

MariskaP, ek sien nie die feite in jou kommentaar. Dit sal mos alles opklaar en die gissinge en veronderstellinge permanent die nek inslaan.
Lees ook my laaste kommentaar aan Armando hierbo aangaande ‘n ongeluk. (Hoop dit slaag die modereer-toets). Jy is reg dit bly jou by selfs in my geval na 30jr+.

piet pompies ·

Peet dink jy moet eers seker maak wavan jy praat..Ek was daar. Die man op motorfiets my beste vriend.. die motor het voor die motorfiets in gery.. as julle mooi gaan kyk op die kruising waar dit gebeer het, het die motorfiets “right of way” gehad. Jah hy het seker gejaag maar dit se ni motors hoef dan nie te kyk vir motorfiets ryers nie!!

Peet Schabort ·

Onthou Piet dat hy kom aan na jou toe en jy neem aan dat hy hoogstens 70km/h ry. Nou, soos jy self sê het hy dalk vinniger gery en onthou hy is eintlik nie ‘n groot voorwerp wat reguit na jou toe aankom. Was sy fiets se hooflig aan? Wat is die kleur van sy fiets? Hoe laat was die ongeluk en het die son se ligging nie ook bygedra? Het hy nie dalk saamgesmelt met die agtergrond op daardie oomblik?

Daar is ‘n klomp faktore wat kan bydra dat jy nie ‘n fiets sien. My grootste vrees was daardie dom do$&@r wat ‘n U-draai voor jou maak en die een wat sy kar se deur oopmaak terwyl jy met jou fiets verbykom. Dit is dinge wat met my gebeur het. Op ‘n keer het ‘n omie by my verbygekom en voor teen my links gedraai sodat ek teen sy kar lê en saam met hom draai. Toe ek hom uittrap by die volgende stopstraat, sê hy: “Where do you come from?”
Ek het net aangery.

Armando Pellencin ·

Ha, Peet. Lees Piet Pompies. Uit eie ondervinding sê ek jou dat die versigtigste mense op die pad motorfietsryers is. Spoed is nie = onverskilligheid nie.
Armando.

Peet Schabort ·

MITS spoed oordeelkundig gebruik word. “Reg en weg” is sinneloos. Slaap jy- of jaag jy op die pad dan soek jy moeilikheid.
Daar moet groot hartseer wees wat vir baie jare kan voortduur a.g.v. ongelukke. Daardie “waarom het ek nie maar liewer dit-of-dat” gedoen moet ontsettend wees.
Die groot ding is egter of ons bereid is om lesse te leer uit ander se probleme en dit lyk nie vir my so. Sterf mense dan onnodig in ongelukke omdat ons die houding inneem dat dit nie met ons sal en kan gebeur? Ek glo nie daar bestaan ‘n “nuwe” soort ongeluk wat nog moet gebeur. Almal is ‘n herhaling van vorige ongelukke. En oppas vir daardie wit streep in ‘n draai op ‘n nat pad, hy is snotglad, vra my ek weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.