Man, vrou sterf in botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Man en ʼn vrou is Vrydag dood toe ʼn motorfiets teen ʼn voertuig gebots het in Sir Lowryspas naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap.

Volgens ER24 het die voertuig omgeslaan weens die impak van die botsing. Die bestuurder van die voertuig sowel as die bestuurder van die motorfiets is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die voertuig se liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

MAGTAG!!! Teen watter spoed het die motorfiets gery dat sy impak ‘n motor laat omslaan het en die voertuig se bestuurder met meganiese toerusting uitgehaal moes word?

JoeV ·

Verkeerde vraag, “vir wat staan die kar dwars oor die pad?” is meer van pas. Motorfiets weeg 200kg, kan teen 80km/h kar in die helfte ry!

Neptunus ·

Dis inderdaad die vraag wat beantwoord moet word Christa. Kan nie JoeV wonder waarom die motor dwars in die pad “staan” nie, ha-ha! Dis ‘n maklike een, die kar het daar tot stilstand gekom. Of dink jy dit was dwars oor die pad, is getref en het toe net op sy sy beland? Ai…

Stomgeskok! ·

Ek stem met beide JoeV en Christa saam.
JoeV: Ek vermoed die kar het van die kant van die pad op die grootpad ingedraai
Christa: toe the motorfiets met “m stink spoed in die kar vasgery het. Hoekom se ek stinkspoed? Die fiets le net regs van die kar. Sy een wiel is af!!
Ek het vir ‘n par jaar op ambulanse gewerk en uit ondervinding lyk dit soos die basiese verduideliking van die ongeluk. Sal graag wil hoor wie se skuld dit was. Die kar or die fiets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.