Man, vrou sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man en vrou, albei in hul 50’s, is Vrydag dood toe die motorfiets waarop hulle gery het teen ʼn versperring langs die N3-snelweg in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 09:15 in die Peacevale-omgewing plaasgevind.

“Daar word verneem dat die bestuurder beheer oor die motorfiets verloor het, waarna dit teen die versperring langs die pad gebots het,” het Meiring gesê. “Die motorfiets het teen die versperring tot stilstand gekom. Die man en vrou se liggame is ʼn paar meter verder halfpad teen ʼn wal aangetref. Hulle was reeds dood weens die veelvoudige beserings wat hulle opgedoen het.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Karma

MOTORFIETSE IS DOODSKISTE OP WIELE!!!!! Hoeveel mense moet nog sterf voordat dit tot insinking kom dat ‘n motorfiets VEEL, VEEL gevaarliker is as ‘n stewige motor, met al die veiligheidstoerusting soos bv. lugsakke? G’n mens het ‘n kans as jy selfs teen net 50km/uur ‘n menslike fout maak en teen ‘n ander voertuig of, soos in dié geval, veiligheidsrelings bots nie. Nie die beste “veiligheidsklere” en helm kan jou beskerm nie. Simpatie aan die vriende, familie en gesinslede van die oorledenes.

Kathy

Sterkte aan gesin, familie en vriende.

Kawa8

Karma ek stem saam dat die risiko op ‘n motorfiets meer is as in ‘n motor maar so het elke sport sy beserings en kan ‘n ongeluk gebeur in ‘n motor ook. Ek ry self motorfiets en is bewus van die risiko’s verbonde daaraan maar nogsteeds is dit vir my lekker, dit is ‘n passie en ek glo as jou tyd op aarde verby is, is dit verby. Of jy nou in ‘n motor, vliegtuig of motorfiets gereis het is nie van toepassing nie. Ek glo die oorledenes het ‘n passie gehad vir motorfiets ry en dit uitgeleef. Innige simpatie… Lees meer »

Jo

Sterkte en simpatie aan die naasbestaandes.

Mike

KARMA Karmatjie jy weet nie hoe voel dit om te ry nie,net oningeligte persone soos jy,dit is heerlik ek ry al 41 jaar,daar is nie n beter drug op die aarde nie,vryheid vreugde dit is onbeskryflik,as ek so moet dood gaan sal dit vir my n seën wees,(u live by it you die by it…………………………)