Man, vrou sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man en vrou, albei in hul 50’s, is Vrydag dood toe die motorfiets waarop hulle gery het teen ʼn versperring langs die N3-snelweg in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 09:15 in die Peacevale-omgewing plaasgevind.

“Daar word verneem dat die bestuurder beheer oor die motorfiets verloor het, waarna dit teen die versperring langs die pad gebots het,” het Meiring gesê. “Die motorfiets het teen die versperring tot stilstand gekom. Die man en vrou se liggame is ʼn paar meter verder halfpad teen ʼn wal aangetref. Hulle was reeds dood weens die veelvoudige beserings wat hulle opgedoen het.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Karma ·

MOTORFIETSE IS DOODSKISTE OP WIELE!!!!! Hoeveel mense moet nog sterf voordat dit tot insinking kom dat ‘n motorfiets VEEL, VEEL gevaarliker is as ‘n stewige motor, met al die veiligheidstoerusting soos bv. lugsakke? G’n mens het ‘n kans as jy selfs teen net 50km/uur ‘n menslike fout maak en teen ‘n ander voertuig of, soos in dié geval, veiligheidsrelings bots nie. Nie die beste “veiligheidsklere” en helm kan jou beskerm nie. Simpatie aan die vriende, familie en gesinslede van die oorledenes.

Done ·

Dis waar Karma. Ek sien noudiedag n advertensie vir motorfietse wat se beat the traffic. Gedink dis n onetiese afvertensie want hulle praat dit goed dat hulle kliente tussen die verkeer deurvleg. Duidelik stel hulle wins bo lewens.

Arno ·

Ja. Almal dink baie so.

Gaan lees statistiek na en kyk hoeveel mense gaan met motorfietse dood en hoeveel gaan met motors dood dan maak jy weer jou besluit.

Dis die selfde om te sê dat vuurwapens mense dood maak. Dis mense wat mense dood maak. As dit jou besluit is is dit goed maar moenie iemand anders se besluit vir hom probeer maak omdat dit jou siening is in die lewe nie.

Kawa8 ·

Karma ek stem saam dat die risiko op ‘n motorfiets meer is as in ‘n motor maar so het elke sport sy beserings en kan ‘n ongeluk gebeur in ‘n motor ook. Ek ry self motorfiets en is bewus van die risiko’s verbonde daaraan maar nogsteeds is dit vir my lekker, dit is ‘n passie en ek glo as jou tyd op aarde verby is, is dit verby. Of jy nou in ‘n motor, vliegtuig of motorfiets gereis het is nie van toepassing nie. Ek glo die oorledenes het ‘n passie gehad vir motorfiets ry en dit uitgeleef. Innige simpatie aan familie en vriende van die oorledenes. May they ride the Golden Highway in Heaven! RIP.

Mike ·

KARMA Karmatjie jy weet nie hoe voel dit om te ry nie,net oningeligte persone soos jy,dit is heerlik ek ry al 41 jaar,daar is nie n beter drug op die aarde nie,vryheid vreugde dit is onbeskryflik,as ek so moet dood gaan sal dit vir my n seën wees,(u live by it you die by it…………………………)

Karma ·

Mike,. Mikey – ek WEET hoe dit voel om te ry …. bike te ry. Het al ‘n hele paar keer. My broerskind is Januarie dood na hy self in ‘n motor se agterkant gebots het – hy het etlike meters deur die lug getrek, sy bene is morsaf geslaan deur paaltjies langs die pad en 11 dae later is hy aan komplikasies dood a.g.v. sy beserings. Wat ek sê is: my logiese verstand sê vir my dat geen beskermende klere – niks – jou beskerm as jy op ‘n fiets is en iets tref jou of jy tref iets nie. JY GAAN SLEG TWEEDE KOM. Mens kan vryheid en vreugde op ander maniere kry – jy hoef nie op ‘n stuk enjin en ‘n paar “plastic bits” te sit om dit te ervaar nie.

Lance ·

Mike, ek weet baie goed hoe dit voel, maar van al my pelle wat saam my gery het is 3 al dood en 2 is verlam, en wees verseker om verlam te wees is nie bevrydend nie, en hul altwee is nou bitterlik spyt. Vryheid kom met verantwoordelikheid.

Bobby ·

Sorry Mike, Vertel al hierdie mooi woorde vir jou kind of kleinkind eendag as hulle verlam of half-dood le.

Xa ·

BELANGRIK: ek sien hier is debat oor veiligheid maar omdat ons verantwoordelik moet besluit wanneer ons vir ons kinders motorfietse koop voel ek dit is belangrik dat ons die feite moet weet. Risiko is moeilik vir meeste mense om te begryp. Risiko op die pad word uitgedruk in ongeluks”rate” per voertuig per afstandseenheid, sowel as persentasie van ongelukke wat tot ernstige besering of dood lei. Motorfietse is inderdaad BAIE gevaarliker as motors, Daar is sowat 30 keer groter krans om ongeluk te maak, en as jy in n ongeluk is, is jou kans om te oorleef sowat 4keer minder. Nou ken julle die feite, maak wat julle wil hiermee.

Gerhard ·

Gaan niks met jou feite maak nie…gaan net weer my bike vat vir n’ spin. Ek glo ek sal lewendig terukom om weer n’ kommentaar te lewer.

Xa ·

Ja Gerhard, ek weet jy gaan na alle waarskeinlikheid terugkom, maar dit is nie die punt nie en jy verstaan ook nie wat ek se nie (min mense verstaan toegepaste wiskunde maar dis ook nie die punt nie), en ek gee ook nie om of JY veilig terugkom of nie. Dit is net bedoel vir ouers of gades wat omgee vir hulle geliefdes.

Mattewis ·

Xa, ek stry nie met jou nie, maar waar het jy aan die bron gekom wat beweer dat ‘n mens ‘n 30 (Dertig!?) keer groter kans staan om in ‘n ongeluk betrokke te raak op ‘n motorfiets?

Mike ·

Is reg Gerhard,ek kom saam,soos ek gesê het,ry ek al 41 jaar,en ek sal bly ry,feite of nie,meer mense gaan dood in karre as op fietse………….so wat van so n feit………..

BP ·

XA. -En hoeveel voetgangers word doodgery….Enige statistiek daaroor…??
Arme kinders moet maar met helikopters skool toe gevat word…
Enige statistiek oor helikopters…??

stella ·

Ek ry ook motorfiets en besef al die gevare. .. waarvan no 1 mense in motors is, taxis, buses. Nog erger… mense in motors at pal op selfone is. Ek klim nie op my bike sonder om vir Jesus te vra om my engele te release om my te vergesel op die pad nie. X

BP ·

Leondj….. Ek dink nie jy “vang” wat ek probeer sê nie. In alles wat ons doen is daar n risiko. Of jy loop, fiets, motorfiets of kar ry. Selfs as jy eet is daar n risiko. Jy het nie nodig om n wiskundige te wees om te besef dat motorfietsry gevaarlik is nie. Maar dit bly elkeen se reg om te besluit wat vir hom aanvaarbaar is. Die onkunde van mense oor motorfietse is egter verstommend. Hoekom raak motoriste geiriteerd as fietse tussen karre deur vleg?
Weet hulle dat Motorfietse oorverhit as hulle staan of stadig beweeg. Dit is ook glad nie teen die wet nie.

Kobus Swanepoel ·

Motorfietse is gevaarlik! Ek ry elke dag werk toe met ‘n motorfiets! Ja ons maak ook foute op fietse! Maar motors wat voor ons U draaie maak in kruisings, mense op hulle fone, (foondrywers) dan ook die wat die laaste stukkie groen uit ‘n rooi verkeerslig probeer uit druk! Dit is julle wat ons dood maak! Kan die wereld nie meer bestuur sonder faceboek voor jou gesig nie!! Eers het die vroue gegrimeer terwyl hulle dryf nou sms hulle!!

Armando ·

Sê hulle Kobus! Dis my fiets en my lewe. Die spul sal nooit verstaan wat dit is om motorfiets te ry nie.

Tilla Smith ·

Dis my Ousus en Swaer wat in die ongeluk gesterf het en dit was die tyd wat God bepaal het dat hulle sou sterf, ons harte is stukkend, 2 dae voor hulle 35 ste huweliksherdenking * Twee mense wat al op skool begin uitgaan het, wat onafskeidbaar van mekaar was, twee mense wat die lewe geleef het en nie net bestaan het nie *

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.