Man, vrou sterf ná rivier bakkie meesleur

Foto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 66-jarige man en ʼn 49-jarige vrou is dood nadat die bakkie waarmee hulle gery het deur ʼn rivier meegesleur is in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die man en vrou het omstreeks 14:00 Saterdag die rivier met die dubbelkajuitbakkie probeer oorsteek toe dit deur die rivier meegesleur is in Centane.

Die vrou se liggaam is deur lede van die gemeenskap gevind op die rivierbank terwyl die man se liggaam deur polisieduikers uit die rivier gehaal is. Albei se liggame is Sondag gevind.

Manatha het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francis Linstrom ·

Dit is n tragedie, maar die hoeveelheid vullis en rommel in die rivier kan ook nie misgekyk word nie. Dit is amper net so tragies want daar is waarskynlik mense wat daardie vuil water moet drink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.