Man Vrydag in hof ná dubbelmoord in Limpopo

Chantelle Ash en haar babadogtertjie, Tasneem. (Foto: Facebook)

ʼn Verdagte (29) verskyn Vrydag in die Mokerong-landdroshof in Limpopo op ʼn aanklag van moord nadat hy gister in verband met die grumoorde op Chantelle Ash (20) en haar nege maande oue babadogtertjie, Tasneem, in hegtenis geneem is.

Die polisiebestuur en Ash se familie en vriende het die inhegtenisneming verwelkom.

Ash en Tasneem se lyke is verlede week in ʼn kamer van ʼn lodge in Limpopo aangetref nadat hulle twee dae tevore saam met ʼn man daar oornag het. Die man wat saam met hulle daar afgelaai is, was spoorloos.

Ash en Tasneem se hande was agter hulle rûe vasgebind en hulle is vermoedelik verwurg.

Die polisie het ná die moorde sy 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel om die moordenaar op te spoor. Ingevolge hierdie plan word bykomende hulpbronne dadelik beskikbaar gestel om die polisie in ʼn ondersoek te help.

ʼn Foto van die man wat die polisie in verband met die moorde wou ondervra, is ook wyd op sosialemedianetwerke versprei.

“ʼn Enorme soektog is van stapel gestuur en het gelei tot die inhegtenisneming van die verdagte in Brixton, Gauteng,” het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê.

Moatshe sê die motief vir die moorde is steeds onduidelik, maar gesinsgeweld kan nie uitgesluit word nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het gesê die spoedige inhegtenisneming moet ʼn boodskap stuur aan diegene betrokke by ernstige misdade, veral dié teen vroue en kinders, dat hulle opgespoor gaan word en geregtigheid sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanniepetoors ·

Hierdie is regtig ‘n baie vreemde storie. Mens wonder oor die bespiegeling dat die mense voor die hek van die lodge afgelaai is en toegelaat is om sonder identifikasie te oornag. Baie vrae van my kant af. So wreed en onmenslik om ‘n baba te vermoor onder enige omstandighede. Nie dat dit nie wreed en onmenslik is om ‘n vrou of enige ander persoon vas te bind en te vermoor nie.

Piet ·

Hoe siek moet jy wees om ‘n 9-maande oue kind se hande agter haar rug vas te bind en dan te vermoor. Amper ondenkbaar.

Oujongvrou ·

Baie brawe man wat n baba se hande agter sy rug vasbind. Was hy bang die baba slaan terug. Gee die boosheid vir die gemeenskap en haar mense dat hulle hom wys hoe maak mens met so ding.

Wonder ·

Ek dink dit gaan meer oor dat hy nie DNA wou agter los nie… Dit lyk of hy alles klaar vooruit gesit en beplan het…

Harry ·

Iemand wat besluit om weerlose vrou en kind te vermoor het volgens die MRK die reg op lewe?????

Spokie ·

Polisie hoof wat se dit moet boodskap stuur vir betrokkenis by ernstige misdade!!!! Wat ‘n grap!!!! Hoeveel van die wat boere aanval, word in hegtenis geneem?????? Jou ou joker!!!!!! En ook, baba se hande agter rug vasgebind!!!!! Die polisie lieg!!!!!

jzjz05 ·

Dankie vir die polisiese vinnige optrede maar die Lt Genl se opmerking van geregtigheid kan ek nie mee saam stem nie ,net die doodstraf in die geval is regverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.