Man waarsku glo vriende voor selfmoord

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Man se liggaam is Maandagmiddag op ʼn sypaadjie in Bryanston, Johannesburg gevind, nadat hy glo selfmoord gepleeg het.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 deur die polisie na die toneel in Loganstraat ontbied. “ER24 paramedici het die man op die sypaadjie gevind met ʼn selftoegediende wond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom,” het Dormehl gesê.

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die man het na bewering vriende gewaarsku dat hy selfmoord gaan pleeg oomblikke voordat sy liggaam gevind is.”

Dormehl het gesê die straat is afgesper terwyl die polisie op die toneel was om die voorval verder te ondersoek.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zebra ·

Agge nee:( Mense het nie hoop nie, want daar is Geen hoop in hierdie wereld nie, slegs om ten volle oorgegee the wees aan Christus gee vrede.

MissDemeanor ·

Dit, volgens my, is valse hoop. My innige simpatie aan die familie en vriende van die jong man.

Annatjie ·

MissDemeanor Ek bid dat God vir jou hoop sal gee. Dat jy sal kan getuig dat hoop in Christus nooit valse hoop was nie xxx

Katryn ·

Ek lees al die berigte: moord doodslag verkragting en alles wat lelik is en Wonder! Waar het dit alles so sleg deurmekaar geraak? Is dit dalkies by ons nuwe regering? Het hulle kop verloor? Of was ons maar net beter!

Hendrik ·

ek weet van n man wat saterdag aand selfmoord gepleeg het. daar is so baie gemors in die land wat mense se stresvlak so opjaag dat hulle selfmaard as die enigste uitweg sien.

E.K. ·

So hartseer. So persoon dink glad nie meer normaal en op daardie oomblik sien hy/sy net geen ander uitkoms nie. Sterkte aan sy vriende en familie.

Hendrik ·

selfmoord is altyd net soos moorde tragies. self vir nie familie lede.

Stukkende Hart ·

Dit voel asof mens gek word van al die vrae..die hoekom..die skuldig gevoel van het ek genoeg gedoen….Dit is verskriklik erg dit ry die mense wat agterbly…my seun het 2 maande terug besluit hy is moeg vir die lewe…Sterkte vir die familie….RIP Jongman hoop jy drink heerlik koffie saam met my seun by Pappa Jesus….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.