Man wat Britse vrou vermoor vas vir ‘diefstal’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaner wat voorheen skuldig bevind is dat hy ʼn 69-jarige vrou in die Verenigde Koninkryk vermoor het, het Maandag in die Pinetown-landdroshof op ʼn aanklag van diefstal verskyn.

Glen Brian Galley se borgtogaansoek is tot Vrydag uitgestel nadat sy vroeëre moordveroordeling aan die lig gekom het. Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig dat Galley daarvan beskuldig word dat hy ʼn perdesaal ter waarde van R70 000 gesteel het.

Galley is in Mei 2002 skuldig bevind aan die moord op ʼn Britse vrou by wie hy £20 geleen het terwyl hy vir ʼn taxi-maatskappy gewerk het. Die vrou, vir wie hy vroeër vervoer het, het ʼn klagte by sy werkgewer gelê dat hy haar nie terugbetaal het nie. Galley, toe 30 jaar oud, is afgedank.

Kort daarna is die vrou in haar woonstel dood gevind nadat sy aangerand, geskop en met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Galley is skuldig bevind aan die moord op die vrou en tot lewenslange tronkstraf gevonnis, waarvan hy ʼn minimum van 13 jaar moes uitdien. Hy is in Februarie 2015 vrygelaat.

Dit was nie onmiddellik bekend of Galley op parool was toe hy op die diefstalaanklag in hegtenis geneem is nie. Die NVG het gesê daar word gewag op ʼn reaksie van die Britse Ministerie van Justisie nadat vrae oor Galley se vorige saak aan hulle gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Lyk nie of parool n goeie ding is nie. Skop en slaan n vrou dood, en hys vry?!

Kiepie ·

Ja Philip Koen maar hy is in Britanje gevonnis tot lewenslange tronkstraf vir ‘n wreedaardige moord op ‘n weerlose ou dame en na 13 jaar weer vrygelaat. Klink nie of hulle regstelsel veel meer byt het as ons s’n nie.

KarooKlong ·

Dankie Kiepie, was maar my bedoeling so tussen die lyne deur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.