Man wat by Twee Oseane sterf onlangs getroud

David van Niekerk. Foto: Facebook

Die 35-jarige man wat Saterdag tydens die bekende Twee Oseane-marathon in Kaapstad dood is, is net meer as drie weke terug getroud.

David van Niekerk, ʼn prokureur van Kaapstad, het inmekaargesak en ondanks paramedici se pogings om hom by te bring is hy op die toneel dood verklaar.

“Die oorledene het aan sy vierde halfmarathon deelgeneem en was ʼn ywerige hardloper. As organiseerders wil ons graag ons medelye met sy familie en vriende betuig,” het die organiseerders vroeër in ʼn verklaring gesê.

Alric en Carol van Niekerk het intussen hulde aan hul seun gebring. “Ons harte is gebreek aangesien hy so ʼn fantastiese seun was. Hy sal vir altyd in ons harte wees en ons is geseënd om hom vir 35 jaar te gehad het.”

Van Niekerk is net meer as drie weke terug getroud. Volgens Granville Skippers, ʼn familielid, is daar geen woorde om die verlies te beskryf nie. “Ons het onlangs sy troue met Tessan, die liefde van sy lewe vir die afgelope 11 jaar, gevier.

“Hy was ʼn ware heer, man, neef, prokureur en vriend vir so baie mense. Hy het gehardloop om ontslae te raak van stres. Hy het alles met passie gedoen.”

Die Celtic Harriers-atletiekklub het ook hulde aan Van Niekerk gebring en gesê sy vrou, Tessan, is in hul gedagtes en gebede.

Norman Henshilwood High School in Constantia het gesê Van Niekerk het in 2001 daar matriek behaal. “Hy was wonderlik en geliefd by almal met wie hy in aanraking gekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DeVill ·

Fiks en jonk en nog steeds het sy hart ingegee.

Wys net hoe kort die lewe is. Een oomblik maak jy gereed vir wegspring by a marathon en die volgende oomblik is jy dood.

Baie tragies!

Sterkte aan die familie en die en sy vrou in hierdie tyd!

JK ·

n ware tragedie.

Dis baie belangrik dat “atlete” van vandag, vóór hul deelneem n dokter gaan sien, vandat die “fitness fad” gekom het, gebeur dié meer en meer. Baie kan gekeur word deur n screening proses by n dokter.

Jack Russl ·

Dit is baie tragies wat gebeur het, maar gaan dit regtig help om ‘n dokter te gaan sien voor die wedloop? Wat van oefening? Dis ure se oefening op die pad, ‘n mens kan nie elke dag dokter toe gaan voor jy ‘n lang oefening doen nie.

As jy siek is, dan neem jy nie deel nie. Dit het al baie gebeur dat mense so groot wedloop gaan hardloop as hulle siek is, jou hart kan eenvoudig nie hou nie. Ek weet dit is sleg om al die ure se oefening, geld wat spandeer is om by die wedloop te kom ens net so te los, maar jou lewe is meer werd as om die medalje nou te kry. As jy siek is probeer volgende jaar weer.

Pensioenaris ·

Ag nee, baie tragies. Baie sterkte aan sy familie en nuwe vroutjie.

Helena. ·

Mens sterf nie op uitnodiging nie, dit gebeur en al sal hy n dr vooraf gaan sien het sou hy dalk tog maar n kans wou waag om te gaan hardloop. Hys net n mens en dan ook nog so jonk..dis baie jammer maar hy was n sieraad vir sy geliefdes en my hart gaan uit na hulle. RIV die werêld is nie meer n plek vir goeie mense nie.

Atleet ·

My innige simpatie aan sy vrou en famiie ook sy mede klublede.
Sal nie help om dr voor elke wedloop te sien koste te duur ens.
Ons as atlete doen elke naweek n wedloop sommige naweke 2.dus kan jy nie elke week na n dr gaan.

Hardloop self ·

Dit is baie tragies en iemand wat self al die wedloop gedoen het (en vele ander en steeds doen) oefen ek glad nie as ek siek is nie (ek sê nie dit is die oorsaak nie). Een van ons klub lede het ‘n paar jaar gelede ‘n 100m voor Comrades se einde inmekaar gesak juis agv. dit. Sy was gelukkig en het herstel in ICU. Baie sterkte aan sy familie.

johan ·

Ek weet ook van n man wat aan n maraton gaan deelneem het en n dr besoek het vir n ondersoek. Dr het geen fout gevind ..maar nog steeds is hy dood gedurende die wedloop..

Onnie ·

Baie baie hartseer. So ‘n belowende jong pa en prokereur. Sterkte aan sy familie, veral sy vrou, dogters en ouers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.