Man wat dokter vermoor, kry lewenslank

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn 33-jarige man is Woensdag in die hooggeregshof in Polokwane tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn bekende dokter in Phalaborwa. Die saak het byna vyf jaar lank gesloer en sy medepligtige is intussen oorlede.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê dr. Basil Khoza (63) is op 25 Augustus 2016 omstreeks 23:00 wreedaardig in die middedorp van Phalaborwa vermoor.

“Hy het van ʼn kitsbank terug huis toe gestap toe twee mans hom van agter af oorval en met ʼn harde voorwerp teen die kop geslaan het. Hy het net daar inmekaargesak en op die toneel gesterf. Die twee mans is met sy beursie met kontant en bankkaarte vort,” sê Mojapelo.

“Sy liggaam is in ʼn plas bloed aangetref.”

Die voorval is by die polisie aangemeld en sake van moord en roof is aanhangig gemaak. Die saak is later na die provinsiale ondersoekeenheid oorgeplaas, wat toe eindelik tot die inhegtenisneming van Lazarus Mhlongo (35) en Madala Rodney Nene (33) gelei het.

Rodney is gister (Woensdag) lewenslange tronkstraf vir die moord opgelê. Hy is ook tot 20 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede gevonnis. Mhlongo is tydens die verloop van die hofsaak aan natuurlike oorsake oorlede.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die swaar vonnis verwelkom. Hy het ook die ondersoekspan geloof vir hul harde werk om seker te maak Rodney word vir ʼn lang tyd tronk toe gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sêmanet ·

Hy het nou letterlik en figuurlik geboet met sy eie lewe.

ES ·

As die wiel draai dan spin hy! Baie bly vir sy swaar straf. Kan jy dit nou aan jouself doen vir ‘n beursie en klomp kaarte…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.