Man, wat glo 300 km/h ry, by begrafnis aangekeer

‘n Skermskoot uit die video.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Sondag die inhegtenisneming verwelkom van ʼn man wat homself verfilm het toe hy glo teen 308 km/h gery het.

Ayanda Allie Paine, woordvoerder van die ministerie, het gesê die 36-jarige man het met ʼn rooi Audi TT op die N1 in Midrand in ʼn suidelike rigting gery toe die vermeende oortreding gepleeg is.

“Beamptes van die padverkeersbestuurskorporasie het verskeie ondersoekmetodes ingespan om die verdagte te identifiseer, op te spoor en in hegtenis te neem,” het Paine verduidelik.

Die vermeende spoedvraat, wat in Midrand bly, is deur geheime polisiebeamptes by ʼn begrafnis in Limpopo aangekeer.

“Hy staan tereg op aanklag van roekelose of nalatige bestuur en verwante aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet.”

Maroela Media het vroeër berig in die video, wat wyd op sosiale media gedeel is, kan daar gesien word hoe ʼn motoris ʼn video neem terwyl hy aanvanklik teen 243 km/h ry en dan uiteindelik versnel tot 308 km/h.

In die agtergrond kan daar gesien word hoe die motoris onder ʼn e-tolhek deurjaag en ander motors verbysteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Chris Ws ·

Konfiskeer die malmens se voertuig EN sluit hom op vir jare sonder die keuse van ‘n boete en kanselleer sy bestuurders lisensie vir ten minste 15 jaar.Hy hoord gladnie op openbare paaie nie.

Ekke ·

Sal dit waardeer as daar soveel moeite gedoen word om die mense te kry wat my ouers vermoor het

Johan ·

@Ekke, stem 100% met jou saam. En moet ook nie vergeet van ‘nie vervolging’ van die mense wat ons land in so finansiële verknorsing het met al die geld wat verdoesel is nie.

Anoniem ·

Nou wat gaan hulle nou eintlik kan doen. Dit is n video wat hyself geneem het en met die regte regshulp stap hy vry. Eerstens is hy nie gevang deur n wetstoepasser nie.tweedens moet die apparaat waarmee die spoed gelees word getoets, gekalibreer en gesertifiseer wees. Derdens moet die wetstoepasser n opgeleide persoon wees met n bevoegdheid sertifikaat. So wat nou.

Korrek ·

Danien, ongelukkig is jy waarskynlik korrek. Dit is tyd dat gesonde verstand meer tot reg kom in die regstelsel van ons land. Fotos van al die tolhekke waardeur hy gejaag het en algemene spoedformules sal enige regter met gesonde verstand oortuig dat die man teen daai spoed gejaag het. Dit vat nie enige gekwalifiseerde wetstoepasser om dit uit te werk nie. Maar ja, soos jy skryf, die hof sal daai man niks doen nie. Maak my sommer naar.

Kabous ·

Vir die spoedoortreding (speeding) dink ek ook hy kan regstegnies nie vervolg word nie. Vir roekelose en/of nalatige bestuur dink ek hy kan wel suksesvol vervolg word…

Mv ·

Nalatige bestuur defnitief skuldig…een hand op die stuurwiel met n selfoon in die hand, as die etol hekke hom ook op getel het kan bepaal word deur bitjie wiskunde die gemiddelde spoed tot die volgende een (soos die wes kaap hul kameras gebruik vir spoed kaartjies).

Andre ·

Dis nie baie moeilik om die spoed te bewys nie. Dis ‘n redelike afleiding dat die ander voertuie ‘n normale spoed ry, dit gekombineerd met klank van opname verifieer RPM’s en dit gekombineerd met ratverhouding van TT sal dien as verifikasie dat die snelheids meter op motor akkuraat genoeg is. Dan kan mens ook die normale afstand / tyd formule gebruik en gaan meet op pad watter afstand afgele was. Mens sal vind dat bg. vewentskap, gekombineerd met die “probability of combined failure” van beide video kamera, externe observasie, en snelheidsmeter van voertuig totaal onvwaarskynlik is…

Dan is daar ook die motief agter die opname…

Ek sou dink dat ‘n gemiddelde staats-aanklaer daardie sommetjies bymekaar sal bring. Ek dink sy ### is geboek.

Tienie ·

Danien ek stem.

Die Jack Russel het nou die voertuig gevang, wat gaan hy nou met die TT maak.

(My Casper de Vries woord)…dit is snaaks

Etienne ·

Ek praat nie die makker se aksie goed nie en hy moet maar vat wat na sy kant toe kom.
Ek wil net weet hoekom is die groot nuus en ander kriminele oortredings word nie so opgevolg nie….? Spandeer ook soveel tyd en aandag op onwettige parkeering van die publieke transport bussies wat soms gevaarlik is en selfs n oortreding van roekeloos en nalatig is. Dis een om van te noem.

Joubert ·

Ons regering spandeer net tyd aan iets as hulle publisiteit daardeur kan kry, as iets hom of haar in die limelight kan sit. Die oomblik as iets te veel werk raak, veral as dit nie nuuswaardig genoeg is nie, stel hulle geensins belang om betrokke te raak nie. Elkeen is net daar vir sy eie gewin. Niemand is daar om die land en sy mense van diens te wees nie. Die aard van die moderne politikus.

Gustav ·

Want die ander skelms adverteer nie op facebook hoe hul breek en mense dood maak nie. Hy sou niks oorgekom het as hy nie ‘n video gemaak het nie.

Cherokee ·

As hy dit op ‘n sinkplaat grondpad op ‘n plaas gedoen het, sou ek meer simpatiek met hom gewees het. Maar in soos in bìnne ìn die stad waar Marie, Susan en Eileen met hul kindertjies ry, …daar’sie verskoning vir hom. Sou net verkies het dat hy op ‘n troue of in ‘n kroeg of elders vasgetrek gewees het.

Jan van Aswegen ·

Party van ons marie/Susan/Eleen mense ry slegs grond paaie met sinkplate met ons kindertjies …. Eerder die hoofweg waar jy n kilo voor jou sien

Ig ·

Stem saam, meer aandag moet geskenk word aan onpadvaardige Taxi’s, die Audi kan daai spoed ry, meer mense sterf in onpadvaardige voertuie

Willie ·

Ek stem saam met Chris Ws. Sluit hom toe. @lg, ek glo die Audi kan daardie spoed ry. Die probleem is net dat as iets verkeerd sou gaan en hy verloor beheer oor daardie Audi, kan ander onskuldige mense hul lewens verloor.

Jan ·

Dit is duidelik dat daar baie mannekrag, tegnologie ens aangewend is om die ou te arresteer. Goed-en-wel, maar hoekom juis in die geval. Ek weet van moordsake en ander baie ernstige misdade wat geen aandag kry nie

anton ·

Die land maak my siek!!!
Taxis ry daagliks roekeloos en net soos hulle wil op die paaie maar nooit ooit word hulle vasgevat nie. Ry oor rooi verkeersligte, gaan op wit strepe verby ens.
Hulle is 100 maal meer n gevaar op die paaie maar sal nie afgetrek word nie.
Het dit al self gesien dat metro en polisie ander pad kyk en niks doen nie!!!

Saartjie ·

Anton, hier deel ek jou sentiment.
My ou moeder wat nie regtig vinnig ry nie, word een oggend op ‘n hoofpad afgetrek omdat sy 92 in ‘n 80 zone gery het met ‘n ou Atossie, maar op dieselfde roete moet ek daagliks sien hoe publieke voertuie (taxi’s EN busse) ander bestuurders op blinde hoogtes en om draaie en oor sperstrepe verby steek, mense met groot bakkies 4-5 voertuie op ‘n slag teen hoë spoed verbyvat, boere wat nog werkers agterop ‘n oop bakkie vervoer en dan gesels ons nie oor die toestand van hierdie hoofweë nie.
Wat hierdie bestuurder gedoen het, was natuurlik onverantwoordelik, maar daar is werklik baie meer ernstige oortredings wat net oorgesien word. Dubbele standaarde.

Andre ·

Teen 300km/h met my bakkie sukkel ek om met een hand op die stuurwiel en ander hand op die kamera om die bakkie in 2de rat te kry

@Andre ·

Dan moet jy nog keer dat die bier tussen jou knieë nie omval nie. Lastig man, lastig.

Wim ·

Saartjie sal jy asb vir al ons Boere busse voorsien om ons werkers mee te ry sommer n diensplan bygooi.Wanneer het jy laas van n boer gehoor wat verongeluk het met sy werkers.Julle stadsjappies is gou om boere wat al klaar finansieel sukkel met droogtes ,siektes by gewasse Dept aarbeid wat heeldag op jou nek lê eff en anc grondgrype te kom veroordeel met jou mond vol Picke Pay kos.Kom boer bietjie .

Tweetie ·

Geheime polisie nogal! Hulle moet dalk daai geheime polisie inspan vir al die onopgeloste moorde en misdaad.

Kwaad ·

Wat van die videos waar taxi’s in aankomende verkeer ry? Dis verstaanbaar dat die verkeerd is maar daar is mense wat hou van spoed en dit duidelik nie besig op daai pad nie so ek sien niks verkeerd met die vinnige plesiertjie nie.

But did you die??????
Hahaha
GO TT DRIVER

Heksie ·

by ‘n begrafnis in Limpopo … nou weet ons min of meer wie dié idioot is, verbaas my eintlik nie.
Sal wil sien hoe hierdie storie ontvou

JDeer ·

Die enigste rede waarom hulle die ou vasgetrek het is omdat dit vir hulle op n skinkbord gegee was. Hulle sal nie die moeite doen om in die aand agter n kamera te gaan sit nie, dis te veel werk vir hulle… hulle kos word koud!!!

Idioties ·

As hulle maar kriminele en verkragers so effektief kan opvolg…

Mariaan ·

Motors moet eenvoudig net NIE SO vinnig kan ry nie..maak 140km uitsnypunt…BAIE lewens sal gespaar word!

Elsa ·

Dit is GEEN prestasie. die mnr moet maar instaan vir sy optrede waarin y ander ook ingevaar gestel het. Mag geheime polisie ook ingespan word met elke ander misdade wat daagliks plaasvind oral

jakes ·

Die volgende begrafnis wat hy sal bywoon sal sy eie wees. Sal dalk los kom afhangende van hoeveel hy die verkeerspolisie sal aanbied om die saak te los.

charmaine ·

As hulle sy adres gehad hoekom hom nie binne 24uur by sy huis gaan aankeer nie? of was hulle dalk uit motors uit? Hulle moet dalk vinniger motors kry.

Attie ·

Audi TT met ‘n Formule 1-engin?? Die slim outjies met hul swart jassies gaan weer hare kloof.

Scalla ·

Die idioot gaan skotvry daarvan afkom, hul het geen bewys teen hom nie.

Anlu ·

Stem saam jou, “manhunts” word gereël vir dié man en vir Vicky Momberg maar die moordenaars en verkragters en diewe word net mooi niks aan gedoen nie

GM ·

Dan is daar mense wat kla oor Fortuner- en bakkiebestuurders wat 140km/uur in ‘n 120km/uur-zone ry. ‘n Oortreding is ‘n oortreding, ek stem saam, maar teen 308km/uur behoort hy eintlik van poging tot moord ook aangekla word.
Ja lg, die motor kan dalk dié spoed ry, maar hoe maak die bestuurder as iemand, wat 40km/uur ry, besluit om voor hom in te swaai? Ons almal ken daai soort…

Julie Jansen van Rensburg ·

laat my nou terugdink aan eendag toe my vriendin en ek na ‘n winkelsentrum op pad was, en die groen pyltjie wys dat sy na regs mag draai. So in die draai breek ‘n taksi uit die bondel los v\wat oorkant die straat nog vir die groen lig wag en stuur die etter reg op ons af – TEEN DIE ROOI LIG!!! Dit was so hittete of die vloeksteen het reg van voor in ons vasgery – en die ander voertuie oorkant die kruising, sowel as dié agter ons wat ook nog vir die groen lig gewag het se bestuurders het almal getoet toe hulle hierdie roekelose aksie sien, maar nou ja, ons weet almal die deesdae aan bewind van sake sit… Fikile Mbalula is net so ‘n groot bek soos die ander….

PJN ·

So ‘n bohaai oor die spoedvraat. Wat van al die onopgeloste moorde wat gepleeg is in die land. Dis ‘n wettelose land die. Owerhede kan jy deesdae omkoop met ‘n toffie as jy die wet oortree het. Dis belaglik…..

Frans C ·

Volgens Audi se webblad word die voertuig elektronies beperk tot 250 kmu,wat as dit verwyder word (volgens ander webblaaie)die Audi instaat stel tot 280kmu en beslis nie 300 + nie.

Siener ·

Frans dis ‘n Duitse voertuig en nie ‘n Toyota nie.
Baie Audi modele is tot meer as 300km/h instaat met klein goedkoop veranderings. Audi, BMW en Merc gee die pas aan. Sterkte aan die man wat sy nuwe speeldng net uitgetoets het.

Sê maar net ·

Frans…..net om dit in perspektief te stel……die TT waarvan jy praat blyk om daardie spoed oor ‘n kwartmyl of dan 400m te haal……siende dat dit ‘n “drag car” is.

Tong innie kies ·

Ek praat nie hierdie daad goed nie MAAR hoe jaag mens onder n e-tol hek deur?Het hierdie persoon met n skateboard gery en plat op hom gele? Welgedaan vir Audi (VW).Julle verkoop briljante voertuie.

Stofbakkies ·

Ek het ook gewonder, maar onthou toe e-tolhek en tolhek is 2 verskillende goed. By ‘n tolhek stop en betaal jy, e-tolhek ry jy onder deur en word met ‘n kamera afgeneem.

Chris Botha ·

Ek wonder wie het die video geneem? Sekerlik nie hy terwyl hy so jaag nie……

oogies ·

Daar word nou so n bohaai gemaak oor die spoed van die man ok hy is skuldig maar wat van al die plaas moorde en aanvalle waar mense so wreedaardig aangerand word of mishandel word. Daar is nie so n bohaai daaroor nie en wat van die taxi drywer wat net verlede week 58 skoolkinders in sy taxi gehad het wat het van dit geword.

Sê net ·

Ek vermoed daai was fopnuus. Die kinders het omgeloop en weer by die voordeur ingeklim. Die kamera het moeite gedoen om nie die bussie se voordeure af te neem nie en daar is nie beelde afgeneem deur die ruite om almal binne in te wys nie. Altans die video wat ek gesien het was baie suspisieus.

Sarel P ·

Die opspoor van die persoon sal heelwaarskynlik nou as n swak rede aangevoer word om die bestaan van die tol paaie te regverdig.

Neewat ·

Die ANC vat ons regte, grond en goed terwyl hulle trawante ons lewens en die van ons geliefdes vat… Hierdie is nie so erg nie.

Werner ·

Ek wonner wie van sy pelle het hom oorgegee….polisie is nie so skerp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.