Man wat glo buurvrou vermoor, hoor van borgtog

Noreen Hampson. Foto: Facebook

ʼn Vyftigjarige man het Donderdag in die landdroshof in Knysna verskyn in verband met die moord op Noreen Hampson (67) van Sedgefield in die Wes-Kaap.

Sean Kelly is borgtog geweier en die saak is tot 29 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Hy word aangekla van die moord op Hampson.

Hampson is op 2 Februarie met ʼn hamer buite haar huis aangeval, vermoedelik deur een van haar bure. Inwoners het haar hoor skree en het paramedici en die polisie ontbied. Sy is egter op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is kort daarna aangekeer ná hy glo ook paramedici en polisiebeamptes aangeval het. Hy het ook van die voertuie beskadig van die persone wat eerste by die toneel opgedaag het. Polisiebeamptes het hom met rubberkoeëls geskiet om hom tot bedaring te bring en hom in hegtenis te neem.

Kelly word ook van opsetlike saakbeskadiging aangekla in verband met die beskadiging van polisievoertuie.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsa ·

Sjoe, kan mens deesdae nie eens meer jou eie bure of buurmanne vertrou nie?

Onnie ·

Die hele storie skok my op n heel ander manier as die gewone moord-en-doodslag. Daarom maak ek myself wys dat dit nie n gewone geval was nie, maar dat die buurman beslis psigiatriese probleme moet hê….. want watter regdenkende man slaan sy buurvrou met n hamer dood?!?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.