Man wat glo by kitskosplek aanrand, bly agter tralies

‘n Skermgreep uit die video. Dit is reeds duisende kere gekyk. (Skermgreep: Twitter)

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn tienerseun glo aangerand en ʼn vuurwapen by ʼn kitskosplek op hom gerig het, het Vrydag vlugtig in die landdroshof op Groblersdal verskyn.

Corrie Pretorius sal minstens dié naweek nog agter tralies bly.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Woensdagaand omstreeks 18:30 by die Fatcake City-wegneem‑eetplek in ʼn winkelsentrum op die dorp plaasgevind. Die gebeure is op video vasgelê en is intussen wyd op sosialemediaplatforms versprei.

Mashudu Malabi‑Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die 52-jarige Pretorius staan tereg op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Volgens die NVG was Pretorius en sy neef by die eetplek toe die slagoffer, ʼn 16-jarige seun, glo gevra het om dieselfde botteltjie geurmiddel as Pretorius te gebruik.

“Hy het woedend geword en die minderjarige seun begin aanrand deur hom buite die winkel te stamp.

“Hy het voortgegaan met die aanranding terwyl hy ʼn vuurwapen op hom gerig het. Die beskuldigde het die klaer uiteindelik gelos waar hy op die grond gelê het,” sê Malabi-Dzhangi.

Die tienerseun is later na die Groblersdal-hospitaal geneem waar hy mediese behandeling ontvang het. Hy is intussen ontslaan.

Pretorius bly in aanhouding tot hy Vrydag weer in die hof sal verskyn waar hy na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pieter9 ·

Goed so… wanneer sal ons leer dat geweld nooit geregverdig kan word nie?

Harley Davidson ·

En die klomp wat vanoggend by die sentrum amok gemaak het en wit mense en winkeleienaars gedreig het en met karre in die parkeerterrein gejaag het en mense se lewens in gevaar gestel het,het die onpartydige polisie hulle ook gearresteer?

Harley Davidson ·

Malema rand ‘n polisie kolonel aan wat sy werk doen ,wie het malema gearresteer, Floyd Shiwambo rand n fotograaf aan ,wie het hom gearresteer?

KatjieDeKat ·

Maroela het nie my kommentaar geplaas nie, maar ek het Geweet hierdie kom. Baie bloed gaan nog vloei deur hierdie man se toedoen.

Swerwer ·

Maar ‘n moordenaar word dieselfde dag wat hy voorkom op parool vrygelaat, is dit regverdig?

Leon ·

Baie dankie aan NVG. Hoop sy borg aansoek slaag ook nie. Laat dit n les wees vir almal met soortgelyke gedagtes

Sobymykoolkop ·

Hierdie een gaan weer deur die media onder andere, holrug gery word. Die student wat by die Mahikeng kampus vermoor gevind is kry omtrent GEEN dekking. Hierdie man word borgtog geweier en dit gaan vir ń tyd geweier word. Die ma wat haar kinders vergiftig het en waarvan een gesterf het kry dadelik borgtog en so kan ek aangaan, duidelik twee stelle reëls.

Harley Davidson ·

En die reëls en nagevolge moet vir almal dieselfde wees wie het vir malema gearresteer nadat hy ‘n kolonel in die polisie aangerand het wat sy werk gedoen het?

MakersMark ·

Die ou RSA was nie regverdig nie en het sekeres vevoordeel. Die nuwe RSA is nie regverdig nie en bevoordeel sekeres bo ander. Die lewe is nie regverdig nie so waarom moet optrede soos die aanvaar word onder die aanname dat daar “twee stelle reels is”?

Harley Davidson ·

Die twee stelle reels vir voorheen en huidig benaadeeldes is nie ‘n aanname soos jy dit noem nie maar feite en moet gestaak word .

piet ·

Nog geen borgaansoek is aangehoor nie so niks is nog geweier nie, dit vind eers volgende week plaas. Die rede is omdat dit ‘n ernstige aanklag is en ‘n formele borg aansoek gedoen moet word. Die proses is anders as borgtog wat sommer onmiddellik toegestaan kan word by die eerste verskyning vir ‘n geringe misdaad.

Sê maar net ·

Geweld is onder geen omstandighede die oplossing nie. Al hoe meer mense wend hulle daartoe. Dis asof mense deesdae soveel onderdrukte woede en frustrasie in hul binneste ophoop, dat die kleinste onderonsie in geweld opblaas. As mens voel jy is op die drumpel van ‘n ontploffing, kry professionele hulp, voordat jy handuit ruk en met jou bas in die tronk opland.

Marius ·

Almal oordeel die man baie vinnig. Kyk bietjie na die video- daar moes iets meer gebeur het.

piet ·

Ons het na die video gekyk. Die seun het geen aggressie getoon nie terwyl Rambo se kop uitgehak het.

Stephen ·

Daar is baie blankes in SA wat nog dink hulle velkleur is verhewe. Tye het verander. Nou wag ek dat MN weer my kommentaar verwyder.

Harley Davidson ·

Hoe kan jy so sê wit mense word onderdruk deur wetgewing wat dink jy is bee,kwotas in sport en universiteit toelating in sekere rigtings soos medies,staats beurse.

Keelvol ·

Het jy al na malema en blf se uitsprake geluister of hou jy jou doof vir wat hulle sê? Wie sê die insident was ras gedrewe?

piet ·

Jy’s reg Stephen. “White tendancies” van sommige wittes soos Malema (self ‘n rassis) al hoeveel maal opgemerk het. Die verskil tussen Malema en hierdie closet wit rassiste is dat Malema openlik erken dat hy ‘n rassis is en wit mense haat. Op ‘n manier weet jy waar jy met Malema staan.

Pieter J ·

Dit is hierdie tipe onverantwoordelike mens wat vir ander wapeneienaars probleme skep. Almal is nie sulke “cowboys”nie. Ek het geen simpatie met hom nie.

Hennie Biebouw ·

“Volgens die NVG was Pretorius en sy neef by die eetplek toe die slagoffer, ʼn 16-jarige seun, glo gevra het om dieselfde botteltjie geurmiddel as Pretorius te gebruik.”<<<<<—— Dit maak hoegenaamd géén sin nie…..

piet ·

Ek het elders gelees dat daar ‘n stryery ontaard het oor wie die speserye eerste kon gebruik. Dat dit nou die man se kop so laat uithak het dat hy die kind ernstig aanrand, gaan my verstand te bowe.

JL ·

Regtig!!! Jou lewe opmors oor ‘n botteltjie geurmiddel? Wake-up and smell the roses.

Charles ·

Verbasend hoe goed die sisteem van geregtigheid werk as jy blank is..

Wondermaarnet ·

Laat hy toilette en kombuise skoonmaak in kitkos restaurante om hom ‘n les te leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.