Man wat glo Devon aanrand in nog ʼn saak ondersoek

Carel Odendaal

Die 33-jarige man wat aangekla word in verband met die aanranding op Devon Hofmeyr, word nou glo by nog ʼn aanrandingsaak betrek.

Carel Odendaal is verlede week in hegtenis geneem in verband met die aanranding op Hofmeyr in Junie vanjaar.

Hy het op 23 Julie in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak is tot 20 Augustus uitgestel. Odendaal is nie in aanhouding nie.

Volgens kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, word daar intussen ondersoek ingestel of Odendaal betrokke was by nog ʼn aanranding nadat ʼn saak by die Garsfontein-polisiestasie aanhangig gemaak is.

Hofmeyr is die aand van 6 Junie omstreeks 23:00 buite die Platteland-kuierplek in Centurion erg aangerand.

Hofmeyr se kakebeen is afgeslaan en hy het ligte bloeding op die brein opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem en moes ʼn operasie ondergaan.

Devon is die sanger Steve Hofmeyr se seun.

Steve en Devon Hofmeyr. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

ProotGraat ·

Kalmeer Careltjie. Chill dude. Dis onnodig. Of trek buiteland toe en gaan haal jou maniere daar uit. SA het dit nie nodig.

Wonders ·

Dis omdat moordenaars en aanranders se menseregte meer as ons sn beskerm word. Tyd vir n nuwe regstelsel wat ons beskerm, nie die moorderaars beskerm nie.

lh ·

Vra ek ook Fanie. . . gedurende die week is berig dat 3 jong lafaards ‘n man en vrou van 50+ in ‘n padwoede aanval, BAIE erg beseer het.
Francois Leibrandt van Pretoria is verhoor afwagtend (gelukkig in die tronk)na 18 sake teen hom gemaak is vir aanranding,
En nou val nog ‘n lieplapper uit! Nee sies man! daar is ‘n gat in julle opvoeding!

hercu ·

in ons samelewing is daar nie probleem kinders nie, daar is wel probleem ouers, volwassenes en ‘n onbevoegde regering wat die verkeerde voorbeeld stel en almal dink dit is die manier van doen en lewe!

dit is die vrugte van die hedendaagse vaderskap.. of die afwesigheid daarvan!!

Lindie ·

Sjoe, Die man sal sy woede onder beheer moet kry, want dit lyk asof dit hom beheer!

honourable member ·

Dis nou weer een van daai ou mannetjies wat alles met die vuiste wil regmaak.

ES ·

Party mense verstaan net geweld.

Miskien as hy bietjie tronkstraf uitdien sal dit hom regruk, indien nie, gaan hy een of ander tyd met die verkeerde ou moeilikheid soek en dan goed pakslae kry of erger…

Klink vir my Devon is ‘n regte stoute kabouter.

Anoniem ·

Ek weet van n geval waar iemand by n tolhek geslaan hef laats y oog uitval en toe dire mense hulp ontbied toe jaag hy weg en beland onder n trok in twee mense opdlag dood en hy is een van hulle .

Kobie Welgemoed ·

Die man wil gesien wees. Nou weet almal van hom. Hy het homself nou in die tronk ingeslaan. Hoop die slagoffers dagvaar hom vir hulle kostes ens. Dan kan hy as hy uitkom vir hulle finansieel voorsien. Hy wil mos ‘n sterk man wees.

Isak ·

Wit teen wit. Die een sien nie die son oor n ander skyn nie. Blanke volk se probleem kan nie saam staan nie. Moet altyd met mekaar baklei. So swart teen Swart. Met geweld kan jy jou vinner in jou allie afbreek ou grote.

Santie ·

Jou vrou en kind seker baie trots op jou wat mense so aanrand hul gaan seker dink jy het iets wonderliks bereik in die lewe met die feit dat jy in die tronk gaan sit.

Primaat ·

Aan “Anoniem” gerig: Noem hom ‘n “ARBITER”?? :-))

CFS ·

Anoniem,as jy ñ ou goed foeter wat ander boelie kom hy dalk reg en ptobeer sy humeur die volgende keer in toom te hou.

Br ·

En dit gee een nou rede om te slaan??? Sien dit is nou waar opvoeding inkom, watse voorbeeld stel jy vir jou kinders? Is geweld nou n oplossing??? Het hy nou enige iets bereik deur te slaan behalwe om.nou vir homself probleme te skep. Geweld het nog nooit enige probleem opgelos nie.

Johan ·

Ek vermoed dat die aangeklaagde een van daardie manne is wat gereeld kuierplekke besoek. Maar nie om te kuier nie, om te baklei….

SjN ·

Careltjie, hoop n klein mannetjie gee jou n pakslae van jou lewe, Snaaks hy het nog nie voorgekom nie maar sy foto word geplaas.

MarieM ·

@SjN – Hy het al die 23ste Julie die eerste keer verskyn, dit staan in die berig :)

Br ·

En dit gee een nou rede om te slaan??? Sien dit is nou waar opvoeding inkom, watse voorbeeld stel jy vir jou kinders? Is geweld nou n oplossing??? Het hy nou enige iets bereik deur te slaan behalwe om.nou vir homself probleme te skep. Geweld het nog nooit enige probleem opgelos nie.

Susan ·

Ja nee ek stem dis omdat vandag se mannetjies nie weermag bywoon om hule humeur in toom te hou nie.

SjN ·

MarieM, jy is reg, hy het verskyn soos gemeld, ek wou se hy het nog nie gepleit nie.

Faan ·

Die Devon seuntjie is in elk geval te groot vir sy skoene. Sal my nie verbaas as hy n pak slae gesoek het nie.

Stormrider ·

Ek bly liewer weg van kuierplekke af netnou word ek geneek en ek is tog so kleinserig

Johanna Botha ·

Wonder of sy ouers nou trots kan wees op sulke boewerige gedrag …commin !

Penelope ·

Rammetjie-uitnekke!!! Daar is genoeg geweld in ons land, maar ons stempel moet afgedruk word op ander. Ek wonder ook of die Devon nie vir Carel uitgelok het nie, maar Carel sal moet kalmeer. Met geweld kan jy jou vinger in jou oor afbreek…. Selfbeheersing en “anger management” vir altwee sal ‘n goeie ding wees….

pieter ·

wat ek nie verstaan nie hulle kom niks oor nie, betaal n bedrag of waarskuwing en hulle is los, sulke mense hoort in n tronk of eerder skep n ruimtestasie en stuur hulle soontoe.

Frans C ·

Vandat lystraf nie meer tegepas word in vonnisoplegging nie,ruk dinge hand uit.
Glo my ‘n pak slae met ‘n rottang het menig voornemende misdadiger al op die regte pad geplaas.

In Spreuke kan ‘n mens lees: Spreuke 13:24 “Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.” In Spreuke 22:15 sê Salomo: “As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.”

Dit sal natuurlik nooit weer ‘n werklikheid word nie,daarvoor sal die ‘bleeding hearts’
en menseregtebrigade sorg.So word die spreekwoord van ‘ Sagte heelmeesters maak stinkende wonde’ bewaarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.