Rajen Kandasamy (45) van Durban word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Versha (41), sy seun, Megandran (17), en dogter, Melarisa (18), op 29 Desember 2013 met ʼn tradisionele Hindoe-voorwerp doodgeslaan het in hul huis in Chatsworth.
Kandasamy het Maandag in die hooggeregshof in Durban onskuldig gepleit op die aanklagte en die hof het gehoor dat hy en sy vrou huweliksprobleme gehad het. Kandasamy het glo enkele dae voor die moorde ʼn familielid genader in ʼn poging om sy huwelik te red.
Krebashinie Manthree, Versha se neef se vrou, het aan die hof gesê Kandasamy het haar om hulp genader. “Hy het my die oggend van 26 Desember omstreeks 10:45 gebel en gesê sy vrou wil hom verlaat. Ek het vir hom gesê ‘dat geen mens by hom sou wou bly weens die manier waarop hy die afgelope paar maande opgetree het nie’,” het sy getuig.
Volgens Manthree het sy, die Kandasamy-egpaar en nog vriende die aand van 28 Desember saamgekuier. Sy het glo agtergekom dat Kandasamy die aand sy vrou oral gevolg het by die kuierplek. Manthree het getuig dat sy nie daarvan bewus is dat Versha ’n buite-egtelike verhouding gehad het nie.
Oliver Munderamuthu, die Kandasamy-egpaar se buurman, moes die polisie die volgende oggend help om toegang tot die egpaar se huis te kry. Volgens Munderamuthu het hy met behulp van sy selfoon se lig in die donker huis rondgestap waarna hy op die liggame afgekom het.
Die verhoor duur voort.
Ek stem 100% saam. Waar het jy nou al van so redenasie gehoor?
Blatante moord. Van wanneer af maak mens links en regs dood as iemand jou irriteer of kwaad maak. Waar kom die idee van moordpleeg deesdae vandaan???? Wat beïnvloed die samelewing so negatief dat moord so maklik as ‘n uitweg vir enige teenstand gekies word?
Ek glo vas toe die Aborsiewet in ons land goedgekeur was. Het hulle ‘n gees van moord toegelaat oor almal.
Dit is regtig tragies dat dinge tot so ‘n oormatige wending geneem moet word en 2 onskuldige kinders ook nog betrek en hul lewens verkort waar hul net onskuldig was in en miskien ook salig onbewus van die Ouers se probleme. As die beskuldigde enigsins werklik omgegee het sou hy Professionele instansies kon nader of met sy werkgewer gepraat het dat hy hulp benodig. Hierdie voel ek was ‘n opreg beplande uitvoering en uitwissing van sy gesin met doelbewuste optredes en moet maar sy pak slae neem vir ‘n swak oordeels besluit.